Die Geheime Resep

Die Geheime Resep - 2 Sept 2018


In elke gereg is daar ‘n spesiale bestandeel wat ingemeng word . Dis hierdie bestandeel wat die gereg tot sy volheid bring en die smaak definieer. Dit is die soms die eienskap van die gereg.
Netso is ons doel op aarde wat ons definisie gee en ons as mens is gedurig opsoek na daardie spesiale bestandeel. Elke mens het sy eie opinie oor wat hierdie antwoord is. Hierdie soeke en geheime bestandeel is opsoek al vir geslagte en eeue. Elke mens, gelowige of nie-gelowige is opsoek na hierdie antwoord op die lewe.

Dit is die soeke na die rus en vrede. Die grootste deel van die mensdom is oortuig dat hierdie bestandeel is in geld. Hulle streef na die beste werk en besigheid want as hulle genoeg geld gemaak het kan hulle rustig in vrede aftree. Is dit nie waaroor die lewe in kort gaan nie. Wat sal die enigste ander rede wees vir die “rat-race” waarin almal hulle bevind ? – Die strewe om so gou as moontlik by die kaas uit te kom, soda tons kan rus.

In hierdie wedstryd het baie mense omgekom, en nooit die rus en vrede beleef nie. Langs die pad het stress sy tol ge-eis. Gesondheid, angs en vrees is een van die grootste vyande op hierdie pad.
Toe kom die Christen-mens en proklammeer dat hulle het die antwoord. Alhoewel hulle die “Woord” verkondig en proklammeer is nogsteeds 1000’e “Christene” saam in die “Ratrace” na die geheime bestandeel van Rus en Vrede. Al verskil is net hulle erken nie dat hulle dieselfde wedstryd hardloop nie. Maar hulle is op dieselfde pad en hardloop dieselfde wedstryd.

Dan kom die Christen wat besef het wat ek nou gese het en omdat die ewige rus en vrede nog nie gevind is nie, begin die Christen soek na hierdie verlore bestandeel. Waarom kry ek nie die rus en vrede waarna ek opsoek is nie. Iets jaag my en dis nie altyd geld nie. In die soeke na vrede en rus ervaar ons nog angs, spanning en ‘n gejaag na iets.

Nou ontstaan iets uit die Christenskap wat ‘n kritieke fout is. In sy soeke na hierdie bestandeel voel hy die fout le by hom en dat hy kan ‘n verskil maak om meer sin in sy geestelike lewe te bring. In ons soeke na iets...soms weet ons self nie wat is “missing” nie. Die mens gaan soek daarna en keer terug onder die wet. In sy soeke na hierdie rus bring dit hom by die dag wat deur God bestem is om te rus. Miskien is dit die Sabbat ? Miskien is dit die onderhouding van geestelike dae ? Miskien is dit die onderhouding van sekere aspekte van die wet ?

Sommige mense het ophou soek en loop sy hele lewe met vraag :” Ag, ek weet nie of ek goed genoeg is nie ?” Hierdie vraag is een van die grootste probleme onder kinders van die Here. Hulle weet dat die antwoord nie onder die wet le of die onderhouding van sabbatdae en feeste nie, so aanvaar hulle maar dat dit is nie bestem vir ons as mens om hier op aarde die rus te ervaar nie.

Op hierdie punt val ons dan onder dieselfde rede waaroor God se woede teenoor die Israeliete ontvlam het en hulle laat rondswerf het in die woestyn vir 40jaar. God se plan was dit hulle die rus ingaan en dus die beloofdeland maar die “geluk wat hul padlangs gekom het” was net te groot vir hulle. God laat ‘n hele ongelowige generasie uitsterf in die woestyn as gevolg van hulle ongeloof.

“Ekskuus...” Het iemand al die “missing ingredient” gehoor iewers in my boodskap ? Ons soek nogsteeds na dit en ek het dit al genoem. “Ongeloof, altans dis die rede tot die Israelite se ondergang en so ook 1000’e der 1000’e mense se soeke na ewige rus en vrede (en nee, ek verwys nie na die ewige lewe in die hiernamaals),- ek verwys na ewige rus en vrede in hierdie lewe !

Lees Heb 4:1-10 (NKJ) Let us therefore fear, lest, a promise being left us of entering into his rest, any of you should seem to come short of it. 2 For unto us was the gospel preached, as well as unto them: but the word preached did not profit them, not being mixed with faith in them that heard it.
Duidelik in hierdie gedeelte dat dit God se doel vir ons is op aarde om soos die Israelite die beloofde land in te gaan en rus te vind. So toe ontdek ons dit en besef dat die enigste rus is die rus en vrede wat Jesus kan bring. Maar waarom ervaar ons nie die vrede en rus nie ? Waarom beleef ons nog angs en vrees vir die toekoms ? Waarom is soveel van ons nog vasgevang in dierdie “Ratrace” na aardse vrede ? As ons vinnig genoeg maak in kort genoeg tyd kan ek en mamma aftree en rus vir ons siel kry 

Wat moet ons doen ?
Wel die antwoord is in die Bybel. Ons besef ons moet lewe op aarde en dat God vir ons ‘n rustige en vredevolle lewe beplan en dat Christus hierdie antwoord is – Maar waarom nogsteeds die angs en vrees dat ek nie genoeg het nie...Waarom het ek nie hierdie rus nie ?

Lees weer Heb 4:1-2 – Let us therefore fear, lest, a promise being left us of entering into his rest, any of you should seem to come short of it. 2 For unto us was the gospel preached, as well as unto them: but the word preached did not profit them, not being mixed with faith in them that heard it.
Ons het die woord gehoor maar dit werk nie vir ons nie, want ons het nie “GELOOF” ingemeng by ons resep nie. Die twee botteltjie spices staan op die rak “Die Woord en Sy beloftes” asook “Geloof”. Jesus kom en se ek is die weg, die waarheid en die lewe...ek is die water wat jou ewige water sal wees...ek is die brood...ek is die vrede....ek vervul die rus.

Ons soek dit in die sabbat en dink dat as ons die sabbat onderhou sal dit ons vrede bring. Sal dit daardie geheime bestandeel wees in my aanbidding: Jesus kom en se:- Nee, jy hoefnie Ek is die God van die sabbat...ek is jou antwoord...meng My net in dit wat jy lees en jou lewe sal vervul wees tot ewige rus.

Die ander wat glo dat miskien is die onderhouding van die wet wat die verlore bestandeel was: Jesus se nee ek het die wet kom vervul: Meng my net in resep in.
In geen soeke na finansiele sekuriteit gaan ons vrede en rus kry nie: Prediker se dis ook ‘n gejaag na wind.

Die antwoord is net saam gevat in Heb 4: You didnt mix faith into the word.
Vir solank ons dit nie gaan doen nie sal ons nooit ewige rus vind nie en altyd jaag na wind. Ons sal altyd deel wees van die lewe se “ratrace” Ons gaan soos die Israelite sterf sonder om eendag die beloofde land in tegaan en eendag se rus te ervaar nie.
Heb sluit my boodskap af met iemand wat jou antwoord is omdat Hy aarde toe gekom het en medelye kan he met jou as mens. Hy’t mens geword sodat Hy jou rus kan gee. Daarom het Hy minder as die engele geword want die engele het nie redding nodig gehad nie.
Hy daal nog een vlak minder en word mens...sodat Hy die antwoord op die geheime bestandeel kan word. Lees Heb 4:11-14.

Alhoewel ons weet van Jesus as hoofbestandeel maar om te weet dat Hy die Apostel en ook die Hoe Priester. So Hy vervul die volmaakte plan. As Apostel is Hy die skakel tussen God en ons en dan as Hoe Priester is ons verteenwoordiger van ons by God. HY vervul en vervang die ou verbond – die ou resep. Dit het nie gewerk nie. Selfs was die Hoe Priester gekies uit stam LEVI en JESUS kom en word gebore uit stam JUDA waarom – niks onder die ou verbond kan die volmaakte prys betaal en werk nie.

Dit is hierdie enigste en perfekte oplossing vir die mens wat ons enigste RESEP is maar HY moet iin gemeng word, DIE GELOOF in elke situasie....die VERTROUE IN ELKE SITUASIE dat HY oplossing is.
GOD belowe in Heb 6:14,17-20 dat HY soos Sy belofte teenoor Abraham staan dat HY ons WIL seen en JESUS vat daardie seen verder.
Ons weet ongellukig te min van Jesus, Sy rol as offer, Sy rol – aangestel vlg ORDE v MELCHISEDEK, die vervulling wet, Nuwe verbond ...by vere te min om WARE DOEL van HIERDIE PERFEKTE RESEP te begryp.

As ons nie JESUS inmeng in ons omstandighede nie -> gaan ons NIKS BAAT nie . We wont profit.

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed