Die krag van die kruis


Lees Matt 27:38-42
Jesus hang aan die kruis & Fariseers spot hom: “Kom af, as u die seun v God is, kom af !”
‘n Ulitimatum word gestel aan Jesus. Als waarvoor Jesus geveg het in 33jaar sal gebeur.
“Ons sal glo !!! – kom net af” - Hierdie was nie Fariseers / skrifgeleerdes wat gepraat het nie. Hierdie was mense besete deur satan. Want toe Jesus uitroep het hy gese: ”Vergeef hulle, want hul weet nie wat hulle doen nie.”
Waarom ? Want hulle was besete deur satan. Deur hulle roep en manifisteer elke demoon en duiwel : Hoekom ? - “want as Hy sterf...betaal Hy die prys vir die hele wereld.” As hy  sterf is ons vry....en satan weet wat kom !

Dit was nie vir Jesus so belangrik dat ‘n paar skrifgeleerdes in Hom sal glo nie of dat Hy homself net aan hulle en die spotters bewys nie, maar eerder dat Hy sterf en daardeur die hele wereld red. Wat ek oor gesels, is die boodskap van die kruis...
Alhoewel ons nie die kruis aanbid nie is die oorwinning  en die  boodskap vd kruis – so belangrik !
1 Kor 1:17 - want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie.
Letwel, hy verwys na die “kruis”. In die kruis is ons grootste “manifistasie” v God se oorwinning !
Nerens in woord wys of satan, God verlossing plan verstaan het of nie. Maar dat hy Jesus wou doodmaak, voor dit by offer manifistasie kom is duidelik.

As baba wou hy Jesus doodmaak deur Herodes en daarna het hy gereeld probeer
Hy’t Jesus gelok met selfmoord – deur van die berg af te spring, geen twyfel dat hy Jesus wou dood he
Maar toe dit by die kruis kom, besef hy wat kom. Toe wil hy dit stop, en dalk het satan het ‘n groter geveg v Jesus v verwag – met engele wat hom verlos
Toe besef hy en profesie kom in vervulling: Wat veg nie as hy doodgemaak word nie? – net ‘’n lam
Satan onthou wat profeteer is in Jes 53:7 - “Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ’n lam wat na die slagplek gelei word en soos ’n skaap wat stom is voor sy skeerders — ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.”

Satan besef wat besig om te gebeur: - Hierdie is nie net Jesus wat doodgaan nie..
Hier is plan wat hy nie sien kom het nie, hier is offer aan die gang : Stop ! Stop !
Kry hom van die kruis af – moenie dat hy die offer word nie.Die Fariseer skreeu:” kom af kom af ons sal glo !
Satan:” as hierdie onskuldige lam sterf, word hy die vloek en die sonde...wat die wereld sal red “

Lees nou verder 1 Kor 1:17 & 18
Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van christus nie verydel mag word nie.
18) want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;
So wat is dan die krag van god? - Christus ! – Christus is tentoonstelling v God se krag
As jy Christus sien – sien jy krag v God geopenbaar
Lees Rom 1:16 - want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is die krag van God tot redding vir die wat glo.
Lees 1 Kor 1:23,24 - maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ’n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke; 24) maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.

Daarom is die boodskap vd kruis die openbaring v krag: - Elke keer wat iemand genees word, en elke keer iemand vry kom v sonde, elke bande gebreek is ....
Elke faset v kruis was manifistasie v oorwinning:
Smart het verdwyn, agv kruis wat gedra het - Ons foute oorgesien, agv spies deur liggaam steek, ons is nou geregtig agv sy verbuiseling. Ons het nou vrede agv straf wat hy moes verduur. Ons ontvang genesing agv katshou en elke wond
Lees Jes 53 : 4,5 -nogtans het hý óns krankhede op hom geneem, en óns smarte — dié het hy gedra; 5) maar hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Boodskap v kruis dra krag – nie omdat krag in kruis of hout self is nie. Dis die geestelike manifistasie v Christus bereik het op kruis. In die kruis boodskap het ons oorwinning : als wat hy vir ons behaal het en daarom se die woord: Gal 6:14 :” ek roem nie behalwe in kruis v Jesus”

Daar’s gesegde wat se: ”die satan wat jou aankla oor verlede ....herhinner hom aan sy toekoms.“ - Nee, dit pla hom nie. Hy wil juis soveel moontlik saam hom vat.
As satan die “game” van verlede wil speel, is dit reg...kom ons speel dit
Jy wil my herhinner aan verlede....kom ek herhinner jou aan jou verlede:
                  “2000 jaar gelede het jy grootste nederlaag gelei - Finaal oorwing – jy’t geen            houvas en aanklag nie - Geen aanklag teen my : jou plan is ge-openbaar”

Kol 2:14 blotting out the handwriting of ordinances that was against us, which was contrary to us, and took it out of the way, nailing it to his cross; 15 and having spoiled principalities and powers, he made a shew – m.a.w “to make a show”  (nkj – mockery) of them openly, triumphing over them in it.

Al hierdie dinge: is die woord van die kruis wat die krag v God is. Jou siekte : Waar is dit? - Waar is vloeke & vrees ?
Aan die kruis ? En as dit nie aan die kruis is nie en nog in jou hart ? Dan moet jy dit vandag hier vas sit ! – By die kruis.


Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed