Trek aan jou kleed


Trek jou kleed aan – 17 Junie 2018

🔊 Vir die Audioboodskap kliek hier 🔊

So hier is die scenarion: Jy’t buite gespeel en is baie vuil of miskien aan ‘nk ar gewerk en is vuil en vol olie. Die volgende oomblik roep mamma en sê: “Gaan was jul hande !”
Eers mompel en kla almal totdat jy deur die venster kyk en die sappigste lekker “Double Cheese Burger” sien.
Dit is soos blits en jou hande is gewas en pa het sommer sy oorjas uitgetrek.
Tyd vir ete en ons sit aan en smul. Nie eenmaal gewonder of ons mag eet nie .
Dis vir my opvallend dat nie eenkeer het ons gese:“Ek was vuil, ek kwalifiseer nie !”
Iets het jou gedryf miskien die hongerte maar jy kwalifiseer sommer jouself.

In die GEESTELIKE lewe is  ons nou weer die “TEENOORGESTELDE” miskien soos VERLORE seun.
Lees Luk 15:17-19
Kyk in hierdie gedeeltehoe DISKWALIFISEER die verlore seun homself in v.19 –
“Ek is nie meer werd nie....”
Die oomblik as jou kleed vuil is – wil ons onself DISKWALIFISEER en dit is wel ‘n feit dat jou status en autoriteit word bepaal deur die kleed wat jy dra.

Kyk maar na die koniklike drag wat Prinse William dra. Dit straal uit van autoriteit. Al die goue koorde en range. Selfs in die Bybel het die kleed van die Hoe Priester krag gehad:
Eseg 44:19 “En as hulle uitgaan na die buitenste voorhof, na die buitenste voorhof na die volk toe, moet hulle hul klere uittrek waar hulle in gedien het, en dit neersit in die heilige kamers, en hulle moet ander klere aantrek, sodat hulle die volk nie heilig maak met hul klere nie.

So, die mens voel van nature minderwaardig as sy klere vuil is.
Joshua –(die Hoë Priester) word deur SATAN aangekla agv sy vuil klere. Kyk na Joshua se gedarg. Hy het nie homself verdedig nie maar GOD het ingetree en satan bestraf.
As dit die geval is en jy voel minderwaardig oor jou kleed, trek dan jou REGTE kleed aan, want die vyand gaan jou altyd aankla.
Die 1ste ding wat verlore seun se pa doen, toe hy terugkeer, hy bevestig die seun se autoriteit. Hy beveg onmiddelik leun van “Ek is nie waardig nie..”
Toe seun voet op grondgebied sit, herstel sy VADER die AUTORITEIT
Hy plaas ‘n ring aan sy vinger – (sodat hy weer sy seel kan AFDRUK)
Hy gee hom die beste kleed – (sodat nie meer geOORDEEL word nie)
God wil jou autoriteit herstel –al vra jy net om huurling wees. “God sien jou en wil trots wees” –en nee geen huurling maar kind van God.
Jy is afbeelding van GOD handewerk en ja, jou kleed was vuil, hande vol olie maar dit het verander:
Lees Gal 3:13,14 en Gal 3: 26 – 29
Onthou my voorstelling met die BURGER – nie eenmaal het ons gese:”Ek kwalifiseer nie, ek’s vuil “
Let wel  : As jy beklee is met Christus verander alles, want JA...die KLEED vertel baie WIE JY is.
Daarom vra ek: Is jy BEKLEED met CHRISTUS ?
Wel, trek jou kleed aan, want jy het DINGE om te doen en jy het dinge wat jy moet spreek as Koningskind
Die kleed het uitwerking en dra krag daarom moes verlore seun ‘n nuwe kleed dra.
Lees Sag 3:1-4

Die FEESKLEED gee jou AUTORITEIT en TOEGANG
Dit hang af van watse kleed jy dra. Alhoewel ons MET CHRISTUS bekleed is, dra ons nie ons kleed met waardigheid nie. Ons wonder oor ons autoriteit en dink eerder: “Ag ek sal huurling wees”
Nee, die HERE bestraf satan se leun: “Jy is die een wat soos BRANDHOUT uitgeruk is”
Jy het ‘n ring, ‘n KLEED ontvang dra dit met waardigheid. Daar was uitnodiging vir almal om bruilof by te woon almal genooi en soos in Galasiers 3 is daar geen onderskeid tussen slaaf, Griek of Jood nie maar daar was iets fout...
Lees Matt 22:9-14

Alhoewel almal genooi was is die kleed belangrikste. Dit gee toegang en autoriteit.
Vandag is die uitnodiging daar om te gaan was en gaan trek die ou vuil olie baadjies uit. Kom sit aan want daar is geen twyfel dat jy ‘n koningskind is nie.
Waardig om aan te sit en geregtig om daardie Double Chees & Pine BURGER smull

Miskien is jy waar Joshua is, aangekla van sy vuil kleed. Die HERE beklee jou vandag met Feesklere
Sag 3:4 “Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere.”

Hierdie kleding is vir al Sy kinders of is jy nog in VARKHOKKE, miskien is jy oppad terug is, of dalk staan jy by die hek...dan moet jy let op Galasiers 3:26
Gal 3:26 “Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;27) want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.”

God wil nie he jy moet jouself as HUURLING sien nie, want die PRYS om jou BEKLEE was te duur

Vandag het jy net 2 redes waarom jy NIE JOU KLEED dra nie..

Jy’t nog nie kleed ontvang DEUR GELOOF in Jesus
OF
Jy voel soos huurling ?

Wat is jou rede waarom jy nie jou kleed dra nie ?



Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead