Posts

Showing posts from 2020

Verstaan die Genade boodskap

Verstaan die  Genade  boodskap Daar bestaan ‘n groot twee spalk in die kerk rakende die interpretasie van die genade boodskap.   Aan die eenkant het jy ‘n weergawe wat leer dat die eenmalige dood van Christus beteken dat daar net ‘n eenmalige offer gemaak is deur Christus en wat tot gevolg het dat jy nie meer sonde het nadat jy Christus aangeneem het nie. Alhoewel dit korrek is ontstaan daar nou die versigtigheid van ’n ander oortuiging dat hierdie benadering gevaarlik is en te weeg kan bring, dat jy ná jou bekering weer ‘n lewe van sonde kan lei en nog steeds vir seker is om Sy koninkryk te beërwe. In die hele proses verloor ons as kinders van God so baie uit op die voordele wat daar regtig vir ons weg gesluit lê in hierdie boodskap van hoop en genade. Ons diskwalifiseer onsself heeltemal van al die seëninge en vryheid in Jesus deurdat ons totaal wegskram van hierdie aspek……of aan die anderkant misbruik ons dit dalk? , deurdat ons nie totaal ingelig is nie. Voordat ek my ve