Posts

Showing posts from January, 2018

Hy ken jou naam

Hy ken jou naam   -   Sondag   21 Januarie 2018 Luister na die boodskap en kliek hier Ek onthou nog die dae op skool toe die meneer ons laat rugby speel het. Hy kies 2 kapteins en hulle kies uit ‘n groep seuns die spanne . Die gevoel om raak gesien te word is oorweldigend . Jy probeer langer , grooter en kwaaier lyk , net sodat daar notisie geneem word van jou . In jou hart skreeu jy uit : “ Kies my, Kies my !!” Niemand wil tog laaste wees nie , want dit beteken niemand het vertroue in jou nie , ook dat niemand jou regtig raak gesien het nie . Hierdie gevoel om erken te word is deel van mens wees . Dit kan gesien word, selfs in vandag se werksplek as “Employer of the month”. In die sports wêreld word “Man of the match” aangewys , en dit alles kom neer op die konsep van erkenning . Onder kinders het ons dit ook ervaar in destyds se skool bendes . J y moet iets doen en jouself te be