Hy ken jou naam

Hy ken jou naam  -  Sondag  21 Januarie 2018

Luister na die boodskap en kliek hier

Ek onthou nog die dae op skool toe die meneer ons laat rugby speel het. Hy kies 2 kapteins en hulle kies uit ‘n groep seuns die spanne. Die gevoel om raak gesien te word is oorweldigend. Jy probeer langer, grooter en kwaaier lyk, net sodat daar notisie geneem word van jou.
In jou hart skreeu jy uit: “ Kies my, Kies my !!”
Niemand wil tog laaste wees nie, want dit beteken niemand het vertroue in jou nie, ook dat niemand jou regtig raak gesien het nie.
Hierdie gevoel om erken te word is deel van mens wees. Dit kan gesien word, selfs in vandag se werksplek as “Employer of the month”. In die sports wêreld word “Man of the match” aangewys, en dit alles kom neer op die konsep van erkenning.
Onder kinders het ons dit ook ervaar in destyds se skool bendes. Jy moet iets doen en jouself te bewys om gekies te word en dit stop ongellukig nie daar nie. Die druk word deur gevoer tot in hoër grade waar rook, drank, dwels en self seks die daad sal wees om ‘n jongmens sy status en erkkening te gee.
Alles het ontstaan met een groot begeerte:” Erken my...sien my raak...maak my deel
Die ware feit is eintlik in God se het jy nie nodig om enigie iets te doen nie. Hy kies jou soos jy is en dis nie nodig om enige wereldse erkenning te kry nie want God sien jou raak.

Alhoewel dit die persepsie is dat die mens moet tog goeie dinge doen en goed optree is dit nie ‘n vereiste vir God om jou te kies nie.
Moses het ‘n Egiptenaar dood geslaan en in God se is dit seker die ergste ding wat ‘n mens kan doen, maar tog kies God hom nie lank na hierdie daad nie. Die mens sien hom as moordenaar maar God sien hom as die nuwe leier van Sy volk, en dan is dit nogals een wat hakkel.

Ons praat hier van iemand wat God nie eers ken nie, maar God het Moses geken en hom gekies.
Dieselfde situasie speel hom af in die Nuwe Testamentiese varhaal van Natanael. Natanael was skepties oor Jesus en ook arogant in sy optrede, maar Jesus antwoord en :” Ek het jou gesien onder die vyeboom, self nog voor Filipus jou geroep het” – Joh 1:49
Die mens is deur God raak gesien en gekies selfs nog voor hy geformeer is in sy moederskoot. Sonder enige dade om erken te word of enige dade om aandag te trek, sien God ons as mens.
God soek nie die friste, grootste of mooiste nie. Jy’s reeds gekies deur Hom, selfs nog voordat jy geweet het van God, het hy potensiaal in jou gesien.



Joh 15:16 “Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.”

God sien jou onder die vyeboom en ja selfs onder ‘n Fiat vol ghries. Dit sit hom nie af nie. Hy sien potensiaal en verwag net van jou dat jy jouself oopstel.
Hy’y jou gesien spartel in sonde, en toe kies hy jou.
God sien eintlik Sy seun, Jesus wat verheerlik is in jou, ‘n nuwe jy ! Niemeer jy wat leef nie maar Jesus in jou.
Die mense sien miskien ‘n dwelm verslaafde maar God sien ‘n nuwe “Worship leader”
Die mense sien miskien ‘n egbreker, maar God sien ‘n nuwe evangelis.

Die NKJ vertaling dit mooi:” Ef 1:4) just as He chose us in Him before the foundation of the world, that we should be holy and without blame before Him in love, 5) having predestined us to adoption as sons by Jesus Christ to Himself, according to the good pleasure of His will, 6 to the praise of the glory of His grace, by which He made us accepted in the Beloved
Let wel dat Hy kies ons , net soos Moses en Natanael se verhaal
Ons was vooraf bepaal om kinders van Jesus te wees
tot die goeie genot en plesier van Sy wil.
Sonder dat ons iets hoef te doen, of om deel te wees van die gemeenskap, kies God ons.

Waarom wil ons die dinge van die wereld doen as God jou aanvaar ?
Waarom wil ons “IN” wees of deur die wereld erkenning ontvang, as God –(wat die meeste saak maak) ons alreeds aanvaar.
God kies jou en is trots daarop en dit sien ons duidelik in 1 Pet 2:9) “But you are a chosen generation, a royal priesthood, a holy nation, His own special people, that you may proclaim the praises of Him who called you out of darkness into His marvelous light; 10) who once were not a people but are now the people of God, who had not obtained mercy but now have obtained mercy.

As Christen en kind van God voel baie mense onwaardig en nie gekwalifiseerd vir Sy seening en liefde nie. Ons wil altyd iets doen, om God se genade en seening te ontvang. Maar as wedergebore kind van God is reeds aangeneem en kwalifiseer jy al klaar, vir al Sy seeninge, genesing, verlossing en liefdevolle genade.
Ons is nou ‘n “CHOSEN GENERATION, CHILD OF GOD and NO LONGER A SLAVE OF FEAR !

Bid hierdie gebe saam met my:

“Here, dankie dat U my gekies het. Selfs nog voor die grondlegging van hierdie aarde was ek alreeds by U bekend. Nog voordat ek van U geweet het, het U alreeds van my geweet.
Ek wil opnuut my kindskap aanvaar en saam met dit al die seeninge, liefde en guns wat U as Vader vir my bestem het.
Ek ontvang dit en bely dit vandag in my lewe en spreek lewe oor my omstandigheid, want U sorg vir my.

In Jesus Naam, Amen”

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed