Die balsem van Gilead

Balsem van Gilead – 16 September 2018


Die uitwerking van salf is tweedelig. Dit word gebruik vir aroma en geur maar dan ook vir genesing. Salf word dan op n seer of probleem area gesmeer. Ons besef natuurlik dat die seer nie vanself verdwyn nie maar die infeksie en seer in nogsteeds daar. Dis die salf of balsem wat dan te werk gaan om genesing te bring.

Dit sou baie lekker gewees het as al die probleme net kan verdwyn maar die werklikheid is dat daar nog seer en pyn in hierdie wereld is. Selfs in Israel se tyd het hierdie volk ook baie uitdagings gehad.
  • ·       JER 8:22 – “Is daar geen balsem in Gílead nie? Of is daar geen geneesheer nie? Want waarom het die genesing van die dogter van my volk nie tot stand gekom nie?

Hulle het ook pyn en verdukking gehad en daarom die uitroep en die vraag of daar ‘n oplossing is vir Israel. Is daar geen balsem en geen geneesheer nie ?
Die antwoord is natuurlik Ja, daar is en Sy Naam is Jesus.

In die tyd wat ons lewe kry ek baie vrae en die mense wil weet wat om te doen. Die antwoord is Nee, ek weet nie. Ek weet nie wat jy anders kan doen in die tyd van ressesie nie, maar ek weet jy kan in moeilike tye en seer tye, bietjie salf smeer en balsem opsit. Soos ‘n olie laag beskerm kan jy vandag die balsem van Gilead, Jesus Christus oor jou trek vir beskerming en dan ook sommer genesing ervaar vir ‘n verslae gees.

Ja, ons lewe in ‘n wereld met probleme en uitdagings, en as kind van God gaan dit nie noodwendig weg nie, maar die balsem van Gilead kan my versterk in moeilike en donker tye.
Dawid sê:”Al gaan ek deur die dal van dood skaduwee...”  d.w.s die dood is nog daar en hy moet deur dit beweeg, maar ek sal nie vrees nie.

Hoekom kon Dawid dit so maklik sê ? ...want hy weet hy was bedek met die balsem en olie..
  • ·       PS 23:5 “Thou preparest a table before me in the presence of mine enemies: thou anointest my head with oil; my cup runneth over.

In die middel van sy aanvallers en vyande is hy nog rustig, want sy hoof is vet met die olie. Daarom kan hy ook ‘n bende storm loop en oor ‘n muur spring, want God is vir hom ‘n skild ( beskermingslaag van Gilead )
Ons as mens is baie ingestel op aardse oplossings en planne. Die uitweg as die Rand verder daal en petrol pryse meer opgaan. Ja, ons weet ons hulp is van die Here maar dit voel darem lekker as die besigheid weer goed doen.

Maar God het nog altyd na ons gekyk en ons bedek onder sy vlerk, in goeie tye en slegte tye. Wanneer die vye boom bot en of daar vee op ‘n duisend berge is of nie, God bly goed en klaar.
Nogtans sal ek jubel, al gaan ek deur doodskaduwee is my hoof vet met olie.
Ons sien dat die mens wil maar altyd met sy oplossing kom. Hy het al pyramiede skemas probeer, en selfs vrot melk wat geld kan maak en al aan die snaakste maniere gedink om ‘n oplossing te kry.

Ons sien dat die vroue met aardse olie en balsem vir Jesus wou behandel maar toe hulle daar kom was die steen reeds weg gerol, want die Balsem van Gilead het nie genesing nodig nie...Hy is opgewek deur die Gees van God.
  • ·       Luk 23:56 “Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.”
  • ·        Luk 24:1,2 EN baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle toeberei was.2 En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.....


As die lewende Gees van God beweeg hou niks dit terug nie, nie die seel van die grafsteen nie, nie die toue van Simson nie en ook nie die kettings van Paulus nie. As die gees van God beweeg en die balsem van Gilead bring geneesing het ons as mens net nodig om God se werk te aanskou.

Die werklikheid bly nogsteeds staan dat in hierdie wereld gaan ons verdrukking en pyn ervaar ,maaar ek dank die Here vir Hom as die balsem van Gilead wat ons die genesing en troosing kan bied. Dankie vir die olie van die Heilige Gees want dit maak my hoof vet met die olie.

Here U is ons enigste antwoord.

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Trek aan jou kleed