In hemelse plekke
Wat gebeur in die lugruim, realms en hemelse plekke.... Kliek hier om na audio boodskap te luister Ons almal weet dat ons pelgrims is in ‘n vreemde land. Maar volgens my is daardie met verwysing na ons fisiese liggaam. Dis nie altyd als ‘n verwysing na geestelike sake nie. In die vlees en liggaam is ek in ‘n vreemde land. Maar waar bevind ek myself NOU in die geestes realm of wereld. ? Daar is baie realms en geestelike werelde. Wat ons van weet is drie: 1. 1ste Hemel: Die lugruim en wolke 2. 2de Hemel: Sterre en Ruimte hemel 3. 3rde Hemel: Geestes realm en ons lees hiervan Ef 4:10 “Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele , sodat Hy alles tot volheid kan bring.” En dan weet ons nie hoeveel realms is in die 3rde Hemel nie. Daar het Paulus die paradys gesien 2 Kor 12:2-4 Ek weet van ’n man in Christus, veertien jaar gelede — of dit in di