In hemelse plekke



Wat gebeur in die lugruim, realms en hemelse plekke....


Ons almal weet dat ons pelgrims is in ‘n vreemde land. Maar volgens my is daardie met verwysing na ons fisiese liggaam. Dis nie altyd als ‘n verwysing na geestelike sake nie. In die vlees en liggaam is ek in ‘n vreemde land.

Maar waar bevind ek myself NOU in die geestes realm of wereld. ?

Daar is baie realms en geestelike werelde.

Wat ons van weet is drie:
1.     1ste Hemel: Die lugruim en wolke
2.     2de Hemel: Sterre en Ruimte hemel
3.     3rde Hemel: Geestes realm

en ons lees hiervan 
               Ef 4:10 “Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al           die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.”

En dan weet ons nie hoeveel realms is in die 3rde Hemel nie. Daar het Paulus die paradys gesien
               2 Kor 12:2-4 Ek weet van ’n man in Christus, veertien jaar gelede — of dit in                die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit                — dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.
               3 En ek weet van so ’n man — of dit in die liggaam of buite die liggaam was,                weet ek nie, God weet dit —
               4 dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het                wat ’n mens nie mag uitspreek nie.

In die geestes realm is dan Koninkryk van Lig asook van duisternis.
Efe 6 praat v Wapenrusting en dat ons stryd is teen OWERHEDE,  MAGTE , bose geeste in DIE LUG

God wou boodskpa by Daniel kry en agv TEENWOORDIGHEID v MAGTE in LUG kon boodskap vir 21dae nie Daniel bereik.

SO, wat sien ons sover: IN GEESTES realm is daar beweging en bestaan waarvan ons nie weet nie.

Dan se baie mense dit voel asof ek teen plafon vas bid ???

Is dit die teenwoordigheid van magte in die lug wat indring op gebede ??

As ons dit so visualiseer sal ons geloof kwyn en dan natuurlik sal ons gebed minder krag dra.
Maar wat as ek jou kan bewys dat ons nie bid uit ‘n aardse realm, deur hemele en lugruime nie....maar dat ons in die gees reeds saam met Jesus in hemelse plekke sit.

Ja, die bose geeste is wel teenwoordig en ja hulle onderdruk en val ons aan...maar wanneer ons na God gaan in gebed het ons nie nodig om deur al hierdie traffic te gaan nie.
Eerstens moet ons besef: Daniel het hierdie bedruktyd ervaar en boodskappe was terug gehou deur die bose geeste....maar dit was voordat JESUS opgestaan het en ons SAAM met JESUS opgestaan het.

Toe JESUS opstaan uit die graf het HY oorbeweeg en deur beweeg EN ONS IS SAAM met HOM geneem. – Nie iets wat eendag nog kom nie : Ons is reeds saam met Hom geneem –

Om Jesus se reistog deur die realms te beleef moet ons EF 1:19-23

Waar los dit vir my en jou ? Ons is dan reisigers deur ‘n vreemde land dws ons is op aarde. NEE !! ons is reisigers AS MENS en AS VLEES op aarde,
MAAR in die GEES is ek alreeds beklee met hemelse BURGERSKAP...hier en nou..reeds oorgeplaas:


Ons het gesien dat Jesus het deur hierdie realms beweeg...maar sien waar staan ek en jy ?

Gaan verder in EFE 2:4-6
d.w.s ek sit in HEMELSE plekke en AS EK MET GOD PRAAT is dit in HEMELSE REALM deur JESUS tot die VADER

dit wil se MY BURGERSKAP is nie eendag in die hemel nie.....DIS alreeds daar...dis vanuit my tuisland wat ek bid.
Lees Fil 3:20 “Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,”

En dan wonder ons oor die boodskap en vra maar kan dit wees ? Is ek nie eers geregtig op hemelse toegang en burgerskap aan die einde van tyd nie ?

Nee, dit het reeds plaas gevind ONS OORDRAG SERTIFIKATE is reeds geteken :
·       Kol 1:13 “Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,”

Paulus nooi ons uit om hierdie verborgenheid oop te breek.
En ook Paulus bid vir hierdie wysheid Ef 1:17,18

Gaan ook verder om Jesus die weg gebaan Heb 4:14 “TERWYL ons dan ’n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus,
En soos ons gesien het – het ons saam deur beweeg – kan ons dan: v)16 - Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan – “

Waarom?...want dis waar ons beweeg...in hemelse plekke.

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed