Posts

Showing posts from August, 2018

As liefde gelouter word.

As jou liefde gelouter word. Kliek hier vir die Audio Boodskap Liefde is hoofsaaklik gekoppel aan die liggaam en sy sintuie. Die oorsprong van liefde onstaan uit “waarneming”. Toe jy ‘n meisie of ‘n ou gesien het. Jy’t gehou van haar en die liefde het begin groei. Maar liefde is werkwoord en dit bly nie net by waarneming nie. Liefde is om iets te doen, iemand vas te hou. ‘n mamma wat kosmaak. Ek het nog nooit gehoor van iemand wat lief geraak het op iemand – waarvan hy net gehoor het nie. Dit is nodig vir ‘n ontmoeting, mekaar leer ken en daarvan hou. ‘n Verhouding wat ontstaan en om mekaar te sien...aan te raak...gesels… As liefde dan liggaamlike konnektasies het – hoe eg of werklik is ons verklarings teenoor Here, wat gees is ? “Here, ek het u lief “ – maar wat as ons liefde gelouter word en ons die vraag vra, “Wat is die oorsprong en kern van ons liefde teenoor Hom. Lees luk 22:31-34 Ja, ons se dit en verklaar dit..maar is liefde net in woorde ?           

Die krag van die kruis

(Kliek hier om aanlyn te luister) Lees Matt 27:38-42 Jesus hang aan die kruis & Fariseers spot hom: “Kom af, as u die seun v God is, kom af !” ‘n Ulitimatum word gestel aan Jesus. Als waarvoor Jesus geveg het in 33jaar sal gebeur. “Ons sal glo !!! – kom net af” - Hierdie was nie Fariseers / skrifgeleerdes wat gepraat het nie. Hierdie was mense besete deur satan. Want toe Jesus uitroep het hy gese: ”Vergeef hulle, want hul weet nie wat hulle doen nie.” Waarom ? Want hulle was besete deur satan. Deur hulle roep en manifisteer elke demoon en duiwel : Hoekom ? - “want as Hy sterf...betaal Hy die prys vir die hele wereld.” As hy   sterf is ons vry....en satan weet wat kom ! Dit was nie vir Jesus so belangrik dat ‘n paar skrifgeleerdes in Hom sal glo nie of dat Hy homself net aan hulle en die spotters bewys nie, maar eerder dat Hy sterf en daardeur die hele wereld red. Wat ek oor gesels, is die boodskap van die kruis... Alhoewel ons nie die kruis aanbid nie is die oorw

Die Wortel van terleurstellings

(Kliek hier om aanlyn te luister) Jesus vertel sy dissipels dat Hy moes ly en doodgemaak word. Petrus was terleur gesteld want dis nie wat hy verwag het nie. Hy’t nie gedink dis hoe dinge gaan gebeur nie. Omdat hy dinge anders gevisualiseer het, het dit hom moedeloosheid gebring. Terleurstellings in die kind van die Here is soms moeilik om te verwerk. Ons het altyd daardie geestelike konnektasie en as ons as “GEESTELIKE KINDERS VAN GOD” aardse terleurstellings ervaar, dan is moeilik om te verwerk. Ons bid, en spreek lewe en roep in geloof (wat die wereld nie doen nie) – maar dan tref terleurstellings ons soms meer as die wereld. Baie mense het al die vraag gevra:” Hoekom is daardie man so suksevol, of oor die algemeen word verwys na die mense in die wereld – kyk hoe goed gaan dit met hulle. Ons kan baie spekulleer – maar nooit regtig antwoord kry nie. Hoekom ? Want ons wat baie bewus is van die gees en geestelike konnektasie kyk oor die grens na die vleeslike k