Die Wortel van terleurstellings


Jesus vertel sy dissipels dat Hy moes ly en doodgemaak word.
Petrus was terleur gesteld want dis nie wat hy verwag het nie. Hy’t nie gedink dis hoe dinge gaan gebeur nie.
Omdat hy dinge anders gevisualiseer het, het dit hom moedeloosheid gebring.

Terleurstellings in die kind van die Here is soms moeilik om te verwerk.
Ons het altyd daardie geestelike konnektasie en as ons as “GEESTELIKE KINDERS VAN GOD” aardse terleurstellings ervaar, dan is moeilik om te verwerk.
Ons bid, en spreek lewe en roep in geloof (wat die wereld nie doen nie) – maar dan tref terleurstellings ons soms meer as die wereld.
Baie mense het al die vraag gevra:” Hoekom is daardie man so suksevol, of oor die algemeen word verwys na die mense in die wereld – kyk hoe goed gaan dit met hulle.
Ons kan baie spekulleer – maar nooit regtig antwoord kry nie.
Hoekom ?
Want ons wat baie bewus is van die gees en geestelike konnektasie kyk oor die grens na die vleeslike konnektasie.Daardie balans sal nooit werk nie. Jy kan nie met die gees – vleeslike dinge wil uit redeneer nie.
Dis 2 werelde. Dit staan teenoor mekaar.
Joh 3:6 - Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
Ook se die Bybel dat die 2 werelde mekaar nie sal en kan verstaan nie.

Alle terleurstelling is omdat aardse dinge beplan en bedink was.
Dink daaraan – Jy is terleurgesteld oor:
·       Werk wat nie gekry het nie ? – Jy het beplan en visualiseer wat nuwe salaris gaan koop en   maak – dan kry jy nie die werk nie
·       Jou liefde van lewe maak uit – en jy gevisualiseer hoe julle ewig gelluk saam sou leef. – Teleurgesteld – maar dis aardse planne.
·       Terleurgestel in gesondheid – Besigheid kontrak nie gerealisseer nie : Al was planne goed bedoel :

Hoe hanteer ‘n kind van die Here terleurstelling ?

Terug by Petrus sien ons dat selfs in die werk van die Here het hy dinge anders gesien.Miskein ‘n lang bediening saam Jesus op aarde en wen die hele wereld. – Maar dit bly nogsteeds ‘n vleeslike benadering. Dit het hom so geraak dat hy Jesus eenkant neem en Hom bestraf - “Nee, Heer dit kan nie so wees nie. Is U seker U het reg gehoor ?” Hoe kan dit wees ..?”
Maar dit was Petrus se idee van hoe dinge moes wees.
Jesus se die volgende vir hom :Mat 16:23 Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ’n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.

Enige terleurstelling is as gevolg van die mens wat vleeslike dinge bedink.
Nie noodwendige verkeerde dinge nie. Soos Petrus geestelike sake bedink het is dit nie noodwendig hemelse of dinge van God nie maar “VAN DIE MENS” d.w.s – planne van die mens, en dit maak dit nie altyd reg of in die wil van die Here nie.

So vir solank ons dinge beplan en bedink staan ons ‘n kans dat dit terleurstelling kan bring want ons weet nie altyd wat die perfekte wil van God is nie.
In die vlees gebruik ons, ons menslike gedagtes en redeneer en beplan.

Die enigste manier om nie terleurstelling in jou lewe te he nie : Is om suiwer geestelike dinge en dinge van God te bedink. Enige ander gedagtes kan uitloop op terleurstelling.
Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, Rom 8:6

Ons moet vrede maak dat ons as kinders van die Here terleurgestel gaan word, maar ons moet vertroosting daarin vind dat dit net in die vleestelike wereld of realm sy uitwerking het.
Maar dit moet nie jou geestelike lewe affekteer nie.
Maar hoekom gebeur dit? Waarom voel ek in my siel ongellukig as dinge nie altyd uitwerk nie?

Ek het vroeer verwys na die 2 werelde maar daar is ‘n dun draadjie wat die 2 werelde verbind.
Hy is goeie geleier – want dinge wat in die vlees gebeur raak en affekteer direk jou gees.
Kyk bietjie hoe moeilik is dit om te bid as jy slegte nuus ontvang het.
VISE VERSA: Kyk hoe lekker bid jy as jy ‘n verhoging of nuwe kar of goeie en baie goeie nuus ontvang het. Jy kan huppel en dans…
Moenie vir my sê daar is selfs in die GROOTSTE kind van die Here nie geleier tussen die gees en liggaam nie.

DAAROM sal teleurstelling jou dan natuurlik ook so affektteer.

Die mate wat dit jou affekteer hang af van die dikte van daardie draad of konneksie met die vlees.
Sommige mense het al reg gekry om daardie draad baie dun te maak tussen die 2 werelde wat beteken dat as terleurstelling in die vlees kom, dit jou gees nie so baie affekteer nie.

Maar dan kry jy die wat al Gal 2: 20 bemeester het en vir hulle is dit nog makliker om terleurstelling te verwerk.
Gal 2:20 - Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Ons lewe is proses om skaaf en te verander. Ons leer om van die vlees af te sterf en minder te maak.
Maar dit is waarna ons streef. Sommige dae gaan dit goed en ander dae bietjie moeiliker.
Ons prober maar soms “mix” ons die 2 wereld om of deurmekaar.

Gal 3:3 - Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?

Ons raak bietjie verwaard en sukkel om balans te hou.Maar in daardie proses voel ons net meer die effek van die wereld/vlees in ons gees. Omgekrap oor dinge wat ons pla.

Hoe meer ek oor die gedagte dink hoe meer besef ek dat terleustelling kom net as gevolg van ONS WAT IETS AANGENEEM het en dit het anders uitgedraai.
EK het gaan jag en aangele vir Koedoe koei. Dit was my begroting en groot verskil in prys.
Ek le aan en skiet na koedoe koei en tot my verbassing – ‘n Bul wat se horings afgebreek het.
Dit was nie in my beplanning of begroting nie. Ek het dit nie sien kom nie.


Maar hoe jy daarna kyk: Dit bly ‘n situasie wat in die vleeslike wereld terleurstelling kan bring.

Imagine jy kry ‘n gesig dat jy eendag hierdie massiewe besigheid gaan bestuur of miskien ‘n makro kerk gaan bedien. Jy visualliseer skare van mense en TV uitsendings.- Dinge loop skeef in jou lewe (buite jou beheer). Jy eindig op in die gevangenis en die meeste mense in jou diens is die 5 “Inmates” saam met jou.
Terleur gesteld ?
Wel, hoe dink julle het Josef gevoel.
Hy is die een van wie ek gepraat het. Drome gehad van koring gerwe wat voor hom buig en die sterre….man ek gaan SA vir die HERE wen.
Hier sit ek in ‘n tronksel en preek vir ‘n paar ouens ?

Terleurgestel ?

NET die dinge van GOD kan ons :”Nie terleurstelling bring nie” – Jesus het dit vir Petrus geleer.
Alle ander dinge is oop vir verrassings in die lewe.

Hoe dit jou affekteer hang af van die konnektasie wat daar is tussen jou liggaam en gees.


Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed