Posts

Showing posts from 2018

Behou die momentum

Behou die momentum – 7 Okt 2018 Kliek hier vir die audio boodskap Lees Ex 32:1-4 & v21. Hier sien ons dat Aaron die Hoe Priester die een is wat ingee vir die druk van die volk. In v 21 se Moses wat het die volk jou aangedoen dat jy so sonde oor die volk bring. Let op dat die volk het Aaron gedruk en gemanupileer om ‘n ander god vir hulle te maak. Die bybel is vol verhale van ander se invloed om mense se lewens en dit begin al so vroeg as die skepping van die mens. Die slang se invloed op Eva en haar invloed op Adam. Hier sien ons al vroeg die plan van satan en dit is om die momentum en groei van die kind van die Here te stop. Dis maklik vir 1 of 2 mans om ‘n motor te keer wat stil staan, maar as die motor beweeg en momentum opbou sal 10mans dit nie stuit nie. In die teks gedeelte sien ons hoe Aaron se momentum gestop is. ‘n Man wat Moses se regterhand was, Die 1ste Hoe Priester, ‘n mondstuk voor Faroa en selfs ‘n profeet, maar toe die volk druk toepas o

In hemelse plekke

Wat gebeur in die lugruim, realms en hemelse plekke.... Kliek hier om na audio boodskap te luister Ons almal weet dat ons pelgrims is in ‘n vreemde land. Maar volgens my is daardie met verwysing na ons fisiese liggaam. Dis nie altyd als ‘n verwysing na geestelike sake nie. In die vlees en liggaam is ek in ‘n vreemde land. Maar waar bevind ek myself NOU in die geestes realm of wereld. ? Daar is baie realms en geestelike werelde. Wat ons van weet is drie: 1.      1ste Hemel: Die lugruim en wolke 2.      2de Hemel: Sterre en Ruimte hemel 3.      3rde Hemel: Geestes realm en ons lees hiervan                  Ef 4:10 “Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al           die hemele , sodat Hy alles tot volheid kan bring.” En dan weet ons nie hoeveel realms is in die 3rde Hemel nie. Daar het Paulus die paradys gesien                2 Kor 12:2-4 Ek weet van ’n man in Christus, veertien jaar gelede — of dit in                di

Die balsem van Gilead

Balsem van Gilead – 16 September 2018 Kliek hier om te luister na die audio band Die uitwerking van salf is tweedelig. Dit word gebruik vir aroma en geur maar dan ook vir genesing. Salf word dan op n seer of probleem area gesmeer. Ons besef natuurlik dat die seer nie vanself verdwyn nie maar die infeksie en seer in nogsteeds daar. Dis die salf of balsem wat dan te werk gaan om genesing te bring. Dit sou baie lekker gewees het as al die probleme net kan verdwyn maar die werklikheid is dat daar nog seer en pyn in hierdie wereld is. Selfs in Israel se tyd het hierdie volk ook baie uitdagings gehad. ·        JER 8:22 – “Is daar geen balsem in Gílead nie? Of is daar geen geneesheer nie? Want waarom het die genesing van die dogter van my volk nie tot stand gekom nie? Hulle het ook pyn en verdukking gehad en daarom die uitroep en die vraag of daar ‘n oplossing is vir Israel. Is daar geen balsem en geen geneesheer nie ? Die antwoord is natuurlik Ja, daar is en Sy Naam is

Wat hou my terug ?

Kliek hier vir die audio boodskap Wat hou my terug – 9 September 2018-09-13 Het jy al op gelet na die werkinge van ‘n lugbalon ? Dit is die vuur wat hom hoër vat en dan die wind wat hom verder sal neem en nog hoër met die warm opwaartse lugstrome. En hierdie is so sinoniem met ons geestelike lewe. Dit is die vuur van die Heilige Gees asook Sy wind wat ons nuwe hoogtes laat bereik. Maar voor ons wegraak in die Gees moet ons net weer terugkom na die boodskap toe. Wat is die volgende wat moet gebreur voor die lugbalon kan opstyg ? Ja, ons moet mense kry en inklim maar iets omtrent die lugbalon moet verander. Sy sandsakke moet afgesny word. Die dinge wat hom op die grond hou moet gebreek of afgesny word. Ons as kinders van God het dieselfde taak om te verrig. Hierdie VAL-en-OPSTAAN lewe moet verander. Dit is hier wat ons die sandsakke wat ons terug hou moet afsny. Hierdie sakke is soms die dinge in ons lewe wat ons die minste verwag dat dit vir ons ‘n probleem kan skep. Ga

Die Geheime Resep

Die Geheime Resep - 2 Sept 2018 Kliek hier vir die audio link In elke gereg is daar ‘n spesiale bestandeel wat ingemeng word . Dis hierdie bestandeel wat die gereg tot sy volheid bring en die smaak definieer. Dit is die soms die eienskap van die gereg. Netso is ons doel op aarde wat ons definisie gee en ons as mens is gedurig opsoek na daardie spesiale bestandeel. Elke mens het sy eie opinie oor wat hierdie antwoord is. Hierdie soeke en geheime bestandeel is opsoek al vir geslagte en eeue. Elke mens, gelowige of nie-gelowige is opsoek na hierdie antwoord op die lewe. Dit is die soeke na die rus en vrede. Die grootste deel van die mensdom is oortuig dat hierdie bestandeel is in geld. Hulle streef na die beste werk en besigheid want as hulle genoeg geld gemaak het kan hulle rustig in vrede aftree. Is dit nie waaroor die lewe in kort gaan nie. Wat sal die enigste ander rede wees vir die “rat-race” waarin almal hulle bevind ? – Die strewe om so gou as moontlik by die kaas ui