Behou die momentum

Behou die momentum – 7 Okt 2018


Lees Ex 32:1-4 & v21.

Hier sien ons dat Aaron die Hoe Priester die een is wat ingee vir die druk van die volk. In v 21 se Moses wat het die volk jou aangedoen dat jy so sonde oor die volk bring.
Let op dat die volk het Aaron gedruk en gemanupileer om ‘n ander god vir hulle te maak.

Die bybel is vol verhale van ander se invloed om mense se lewens en dit begin al so vroeg as die skepping van die mens. Die slang se invloed op Eva en haar invloed op Adam.

Hier sien ons al vroeg die plan van satan en dit is om die momentum en groei van die kind van die Here te stop.
Dis maklik vir 1 of 2 mans om ‘n motor te keer wat stil staan, maar as die motor beweeg en momentum opbou sal 10mans dit nie stuit nie.

In die teks gedeelte sien ons hoe Aaron se momentum gestop is. ‘n Man wat Moses se regterhand was, Die 1ste Hoe Priester, ‘n mondstuk voor Faroa en selfs ‘n profeet, maar toe die volk druk toepas op Aaron het hy gevou en sy momentum is gestop.

Hier sien ons dat elkeen van ons dan ook ‘n oop teiken is vir die vyand. Hy is ‘n meester om planne te beraam en jou aan te val. Hy trek jou aandag af en lei jou in lokvalle in. Hy kom selfs onder die dekmantel van geloof en mislei die mens.

Lees Gal 1:6-8

Hierna verwys die woord dat ‘n mens gou afvallig kan word en maklik ander evangelies aanneem. Soveel so dat Paulus die mense waarsku om nie eers vir ‘n engel uit die hemel te luister nie.
Verwarring en valse leerstellings en selfs vrees is alles strategiee van die vyand om ons momentum te stop.

Lees Heb 12:1-2

Weereens sien ons dat sonde so maklik die kind van God kan omring. Het jy al gesien hoe maklik jou oë die donker gewoont raak en dat jy selfs in ‘n pik donker nag kan sien. Dit hang net af hoe lank jy die duisternis gewoont raak.

Maar vir die een wat nie stilstaan nie en voortgaan sal gou besef dat lig ontbreek.
Aaron gee opdrag om die kalf te maak, want hy was omring met duisternis.

Luk 9:62 “En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.”
Hierdie skriflesing het nie te doen met bedienaars wat nie meer in die bediening staan nie, dit verwys na ons as kinders van die Here wat begin het, momentum gekry het en dan iewers langs die pad het ons GESTOP en omgekyk.

Maar my gunsteling vers is 2 Tim 4:7 - “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig;( maw NIE OMGEDRAAI)ek het die geloof behou.”
 Met die einde van die jaar wat nader beweeg is ons soms gefokus op die jaareind “targets” en geleenthede by die werk en families. Is dit verkeerd, nee maar moenie dat hierdie geleenthede jou momentum stop nie. Prediker se dit is als ‘n gejaag na wind.

‘n Sportsman bereik meer sukses wanneer hy nie sy momentum verloor nie. Hy gee nie in op sy oefentye nie, hy staan steeds vroeg op en volg die regte eet patroon. Daardeur bly in in die beste kondisie.
Hoe sterk is jou momentum en motiveering om nog vroeg op te staan, die regte voeding in te neem of het ons al gewoond geraak aan die donker. Het ons al begin ingee vir die druk en kmpromiee aangegaan ?

Ek dank vandag die Here dat Hy nie opgegee het om Sy plan nie. Toe die volk skreeu: KRUISIG HOM ! het Hy nog Sy plan deurgevoer wat Sy Vader van Hom verlang het. Hy het nie ingegee toe die skrifgeleerdes begin druk plaas nie....

In Joh 19 sien ons dat Jesus het aan die einde sy laaste woorde gespreek en gese:” Dit is volbring...” met ander woorde : Hy het nie ingee of toegelaat dat Sy plan en momentum gestop word nie.

Self Pilatus wat gedurende die kruisigingsproses iets in Jesus gesien, verklaar dat Hy die koning van die Jode is, en dat hy as Pilatus nie die straf sal uitvoer nie. Pilatus skryf dus boaan die kruis, ten spyte van die volk se druk, dat JESUS is die KONING van die JODE.

Sal ek en jy vandag nog sterk staan en dit kan verklaar of ingee soos die hoe priester en die volk hul sin gee.
Jesus was die laaste Hoe Priester en Hy het die stryd gestry en voltooi.

Behou jou momentum en hou vas aan die kruis.

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed