Laat die dooies, die dooies begrawe


Laat die dooies die dooies begrawe – 22 Julie 2018 


Wat beteken die terme “Koop die tyd uit”

Voor ons dit kan verduidelik moet ons eers besef dat daar is 2 redes waarom ons iets  koop
1) Vir eie gebruik
2) Om te Verkoop en daardeur ‘n wins maak
Maar dan lees ons in:
Ef 5:16 “Koop die tyd uit, omdat die dae boos is”

Kan ons tyd koop ? Nee, nie regtig en prakties nie maar wat beteken die vers dan ?
Beteken dit ons moet meer tyd maak ? – Miskien ? maar dan sou die Woord gese het: “Gebruik meer van jou eie tyd”

As jy iets koop dan gaan koop jy dit mos van iemand anders.
So ons kan dan sê dat die tyd wat die wereld verspul aan eie dinge is wat ons moet gaan opkoop m.a.w tyd wat hulle spandeer vir eie gewin – moet ons spandeer met Goddelike dinge

Om dan terug te kom by ‘n winskoop – Baie mense koop iets – hou dit vir later om dan wins te maak uit die belleging wat gemaak is in die produk.
Hierdie tyd wat jy as Kind van die Here gaan opkoop & hierdie tyd spandeer in die Here…..gaan virseker iewers vir jou wins besorg

Paulus se: “Ek spandeer soveel as moontlik tyd met Here, want dit is beste belleging en polis:
                  Fil 1:21”Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins”

Ek het baie gewonder oor die volgende gedeelte:
                  Mat 8:21-22
Hier sien ons die Here wat vir ‘n dissipel sê dat hy die begrafnis van sy pa moet los en Hom volg.
Kan dit verkeerd wees om jou vader se begrafnis te doen ? veral ook omdat hulle binne ‘n dag begrawe het.
Voor ek meer lig werp op hierdie vers, hersien ons net weer wat ons vroeer gese het:
                  “As jy tyd “UITKOOP” met Jesus sal dit jou “WINS” besorg

En toe maak die Here dit oop vir my:
In die wandel met Jesus en die BELLEGING van ons tyd sal ons nooit teleurgesteld wees nie.
As die dissipel hierdie konsep verstaan het sou hy besef:
                  “As hy wandel met Jesus – was hy GEESTELIK op ander vlak en het hy dan nie verlof gevra vir begrafnis nie maar sy Meester gevra :
                       ”Reg so Meester , kan u dan net gou saam my kom en my Pappie opwek”
..dis wat Jesus wou doen..maar GEESTELIK was hierdie dissipel nog dood.

Jesus antwoord hom..(omdat jy dit nog nie begryp nie) en geestelik dood is…:
                  ”Volg my en Laat die dooies hul eie dooies begrawe”
                                    Volg my: want EK gee lewe….
                                    Volg my: want EK genees…

Die dooies hier is wereld en sy dinge maar as ons tyd investeer in Hom word ons lewendig
Dinge en Tyd van hierdie wereld word dan vir ons minder belangrik
Daarom se Woord:
                  ” Gaan koop tyd uit (Tyd deur wereld verspul word)

Lees Ef 2:1-6

Die wereld mors die tyd met God en ag nie belangrik. Ons moet daardie tyd gaan opraap – Tyd gaan nog baie kosbaar word.
Ekonome se:” Bele in iets wat nie kan meer word maar net minder”
Goud
Grond

Maar wat van tyd – Is dit nie ook iets wat uitloop nie. Elke dag loop die tyd uit en word net minder – Die tyd en UURGLAS tot Sy koms loop uit en word minder.
Die UURGLAS tot tyd wat ons tentwoning afgebreek word loop elke dag uit.
Die Tyd om met God reg te maak loop uit & ook Tyd om te vergewe en mekaar te vergewe.

Wereld doen nie hierdie dinge om tyd met God te spandeer en uit te koop nie….
Maar dit is waar ons moet die tyd UITKOOP wat wereld offer en van ons wil steel.

Laat die Dooies hul eie dooie begrawe : Is waarskuwing vir die wat GEESTELIK dood is en nie TYD gekoop het nie.
               Kan 2 ure op Sondag so erg wees – Aangesien daar 168 ure joune is
               Kan 1 uur Woensdag aand ?..Kan 20 minute in oggend so erg wees
Nee…Daai tyd is mos in orde en al volg jy dit streng na is dit ook volgens die woord jou redelike godsdiens.

‘n Belleging is geld wat eenkant sit, dis ekstra geld.
LEES: Jes 55:1,2,6

Wat kan jy KOOP sonder geld – TYD. Ek Waarbord jou: Tyd op knie…Tyd met Here..Tyd in aanbidding ...dit is die beste belleging van ons tyd en ook die grootste R.o.i (Return on Investment)

Koop vandag jou tyd uit met God

Comments

Popular posts from this blog

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed