Die Wegraping

Die wegraping – 29 Julie 2018


Ons hou aan beloftes vas vir genesing en voorsiening. Ons glo in die beloftes van die woord en weet dit staan vas.
Beloftes van seen en rykdom, beloftes van beskerming en ken self van die gedeeltes om dit te kan kwoteer soos :” Ek is die kop en nie die stert nie….”
Wonderlike beloftes maar daar is ook een belofte waaroor ons nie meer so baie praat nie. Dit kom voor uit dieselfde bybel wat beteken dit dra net soveel krag.
Dis die belofte v Sy koms !

As siekes gesond word...as daar in ons finansies voorsien word...as gebede beantwoord word...beteken dit vir een ding...dan moet Sy koms ook naby wees.
Die koms v.d Here word nie meer bespreek nie. Nie net die tekens van die tye nie maar ook die bewustheid van Sy koms. Soos dae aanbeweeg – twyfel die mensdom meer en meer. ‘n Menslike studie bewys dat die kans dat als gebeur soos dit voorspel is in die eindtyd en al die profesiee in plek sal val soos dit staan in die Bybel is 1/ quad trillioen

Maar dis studies – volgens my is die kans 100% dat dit enige oomblik kan gebeur. Die wereld spot oor die koms van die Here en selfs in die kerk word daarmee gespot. Die vrae oor waar is die koms van die Here.
Gaan lees 2 Pet 3:3-5

Maar vir ons is daar die hoop wat weg gele is. Watse hoop ?
Lees kol 1:2-5
Daardie hoop wat vrug dra en versprei word is deur die bemoediging en verspreiding van Sy beloftes dat Hy terugkom om ons te haal. As ons dit nie gaan versprei nie, hoe gaan daardie belofte en word vrug dra ?
Vandag stry mense meer of aarde plat is...Regtig ? Plaas ons eerder praat oor Sy koms en die tye en tekens bepreek, maar nee, ons word opgehou met dinge wat niks te doen het met ons saligheid en waaroor ons eintlik moet praat nie.
Daardeur word die koms en ook die werklikheid v Sy koms al hoe dowwer...en stiller

Miskien het jy al gehoor van merk van die dier ?Die Verdrukking ? Armagedon ?
Omdat hierdie erg klink bere ons dit en wil nie oor Openbaring en die Eintyd gesels nie.
Ek is super opgewonde as hierdie dinge gebeur. As ek oorloe sien en gerugte daarvan, Vrede, vrede word uitgeroep veral tussen VSA en Rusland – en dan ‘n skielike verderf.

Maar tenspyte van al die spekulasie en stry wil ek ‘n belofte lees en iets wat sal wees is belofte. Let op die woorde SAL in die gedeelte wat staan as n belofte:
1 Thes 4:16 - Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
17 daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Ja, ons preek positiewe preke van deurbrake en voorsiening en oorwinning maar gaan ‘n dag kom, wat al hierdie preke nul beteken.
Daardie dag maak net een boodskap saak:”Was jou naam geskryf in die boek vd lewe ?
Open 20:15 “en as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.”

Soos wat die belofte staan van die wegraping staan ook die belofte van die Bruilofsmaal
Open 19:9 “toe sê hy vir my: skryf — salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die lam. En Hy sê vir my: dit is die waaragtige woorde van God.”
Sien hier dat hierdie is nie ‘n dogma of ‘n leerstelling nie, hierdie beloftes is die waaragtige woorde van God !

En dan kom 7jaar verdrukking vir die wat agterbly terwyl die 7 jaar bruilof terselfde tyd in die hemel plaasvind.
Soos elke belofte in Bybel, kom vervulling van die dag van Armagedon ook
Open 16:15,16 - kyk, Ek kom soos ’n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.
16 en hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.
Dag wat Jesus self ‘n weermag gaan lei teen die aardbewoners, wat agterbly en koninkryke van hierdie wereld. –
Lees open 19:11-16
Soos elke belofte in bybel wat ons vashou kom ook volgende belofte. Die vyand word gebind vir ‘n 1000 jaar en vrede gaan heers. Ek glo net soos elke belofte ook in die opskrif van Open 20 :1 - “Die satan duisend jaar gebind. Die gelowiges heers saam met Christus.”
En dan Open 20:7,10 – “7) en wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die satan uit sy gevangenis ontbind word;
10) en die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
Ons moet soekend begin raak oor dinge van sy koms, die bruilof, nuwe hemel en nuwe aarde,soekend en bemoedegend oor die eindtyd dinge en tekens.
Daar is net een boodskap vir ons tyd:
Kol 3:1,2 “as julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. 2) bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Hier is opdrag vir ons :” Bedink die dinge wat daar bo is en in Kol 1 het ons gesien daar is die hoop wat weg gele is in die hemele
Waar is ons hoop ? – Miskein geroof deur aardse druk. Waar is ons verwagting v Sy koms? – Miskein geroof deur bekommernis ?
1 Thes 4:18 “bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
Maranatha – Jesus kom !


Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed