Hou my trou

Hou  my trou – 15 Julie 2018
Die Here is ons HELPER en ons lees dit in Sy Woord. Maar het u al gedink in wat als is Hy ons helper.
Hy is ons Helper om deur ‘n krisis te gaan en ook is Hy ons Helper om die dood van ‘n geliefde te verwerk.
Hy help ons om die Woord te verstaan en nog op soveel ander gebiede dat dit te veel is om op te noem.

Maar Hy is ook instaat om ons te help dat ons nie sal struikel nie. Dit maak nie sin nie, want is dit nie ons eie verantwoordelikheid nie. Dit is wel waar en om nog ‘n groter verantwoordelikheid te besef is die feit dat die Nuwe Testament 1050 reels bevat vir die kind van die Here.
Ja, al gebooie in die Nuwe Testament word saam gevat in die 2 gebooie wat Jesus vir ons gee – LIEFDE
Nogsteeds is daar reels of  dan eerder “VERANTWOORDELIKHEDE” wat ons moet navolg.
1) Opdragte om te waarsku teen die werke van die vlees – bv Egbreek, Brassery, Dronkenskap
2) Opdragte vir GEESTELIKE redes en groei: Wees vriendelik..Liefdevol...ensv

Alhoewel ons nie onder die wet of mensgemaakte wette is nie, moet ons NOGSTEEDS WANDEL in LIG en NIE wandel na die VLEES nie.
Paulus se: “Sal ons in SONDE bly ?”
En tenspyte van ons genade wat ons ontvang het in die verlossingsplan word daar nogsteeds 1050 “instruksies” gegee vir ons as mens om na te volg.

So wat probeer ek daardeur bewys ? Niks anders as dat dit is moeilik om nie te stuikel nie.
Almal gaan struikel en almal gaan val. Daarom kan ons nie broeder oordeel nie.
Ek bring goeie nuus en dit is skaars vandag : Ons het ‘n HELPER !!!!

Ja, ons besef dit nie altyd nie maar Jesus is ons helper in ‘n tyd waar ons so maklik struikel en val.

Iemand wat nie onbekend is met ons styd nie en in alle opsigte versoek is soos ons
Heb 4:15 “ Want ons het NIE ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan he nie, maar in ALLE OPSIGTE versoek is net soos ons, MAAR SONDER SONDE
Maak nie saak hoe jy dit insien nie die mens het nodig om homself te gedra en te weerhou van slegte dinge...en gewoontes en om eerbaar te wees.

En in die nuwe Testament word ons ten spyte v nuwe verbond 1050 keer “vermaan” d.w.s gekyk na die feite het ek weerens besef: ” val...gaan jy val....stuikel gaan jy stuikel...” iewers op jou pad, of dit is in ‘n groot of klein oortreding of swakheid.

Kom ons lees iets anders - (laaste vers voor openbaring begin). Dit is so amper asof dit ons gebed is in die laaste dae.

Lees Judas 1:24,25

Die HERE is magtig om .....? wat ?
Te BEWAAR van STUIKELING !! Kan dit wees ? Ja ons weet by God is alle dinge moontlik maar moet ons nie streef om foutloos en rein te wees nie ?
Ja, ons moet maar vandag wil ek wys hoeveel keer God aanbied om ons te help in hierdie stryd op aarde.
(KJV) – not to JUDGE you but “KEEP YOU FROM FALLING”

Die geheim is dat ons hierdie gebed moet bid en God vra, soos in die Onse Vader om die bose van ons af te weer.
Maar bid ons dit nog ? – bid ons dit ernstig en gereeld ?

Lees 1 Kor 10:13- “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.”

en dan kan HY ons ook FOUTLOOS voor Hom bring

Lees Ef 5:27 - sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.
Heb 7:25 - Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.

Maar ons moet dit ook van hom bid en dit is alles deel van ons strewe na heiligmaking. Ons kan nie ‘n sorgelose – goddelose lewe lei nie maar deel van ons strewe in om GOD te vra: -
Mat 6:13” en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.”
DAKES se studiebybel verwys na v 13): Do not permit us to be overcome by evil BUT DELIVER US from the evil one
....waarom want aan U behoort die KRAG en HEERLIKHEID om dit te kan doen

Ek weet nie van jou nie...Ek wil Here vra:
“Kom en weer die bose af...Ek weet U wat MAGTIG is WIL my BEWAAR v STUIKELING”



Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed