Wakker die vuur aan

Wakker die vuur aan – 8 Julie 2018


Dit is altyd lekker om by ‘n bosveld vuur te sit. Maar saam met die onstspanning moet ons besef dat die vuur is ook tot waarde.
Dit gee hitte af en bied beskerming teen wilde diere en skep ook ‘n lekker atmosfeer
Daar’s nog een ding nodig om dit te kan geniet. Jy moet maar heeltyd hout op vuur gooi want anders gaan vuur dood. Dis eintlik ‘n logiese antwoord maar so belangrik.

As iemand nie die vuur aanhou voer met hout nie, gaan hy dood en ons verloor al die voordele : hitte, beskerming, atmosfeer

Daar is ‘n Griekse woord vir “aanwakker” en dit is :” anazo – pureo” wat beteken:
to “stir-up” of  “en-flame” one’s mind. My vraag aan jou is dan maklik:” Is jy aan die brand ? “

Timoteus het soos baie tipies in Christen huis groot geword en soos baie ook verval in “gewoonte christene”. Duisende mense is in daardie toestand:
Christen huis.......Gaan kerk toe........Hart here gegee en die Gees v God ontvang
Die gawes ontvang maar kom ons lees in 2 Tim 1:5
Maar toe gebeur iets vreesliks !. Die vuur was nie aan brand gehou nie, en dit was sy eie verantwoordelikheid.
Kom ons lees verder in v.6)- Paulus herhinner hier vir Timoteus om te wat ...?
Om die gawes aan te wakker. Die Engelse bybel verduidelik dit so (kjv)”.. That thou stir up the gift of God”
“The gift of God” verwys na die vuur v God en gaan lees in Lev 6:9,12-13

Hier sien ons, dat ons het almal ‘n verantwoordelikheid om vuur aan brand hou.
Nie die dienste, preke of aanbidding span nie. Ons moet die genadegawes aan wakker. “Stir up the gifts” laat dink aan ‘n Swart - 3 poot pot met lekker pap in.
Gereeld moet dit geroer word anders wat ?......Anders brand die pap aan en dit moet weg gooi word.
Kyk wat gebeur met Timoteus alhoewel hy ‘n prediker en evangelis is. Die gawes en vuur v Gees het gaan lê. Eers het hy saam met Paulus getoer en gemeentes begin, maar toe het die vuur gaan lê. Hy verloor al die voordele van die vuur, die sekuriteit , atmosfeer, hitte.
Sonder daardie sekuriteit word Timoteus vasgevang in vrees en angs waarom ?
Vuur is dood.
Lees 2 Tim 1:7 en later begin hy hom skaam vir die evangelie maar tog is hy gered en het die Gees
Lees v8, 12-14 - Bewaar jou pand ( die Heilige Gees)
As die gawes en die Gees nie gebruik word nie, verloor dit krag. Verloor nie krag in ware sin van die woord nie, maar as dit nie gebruik word nie, dra dit nie krag nie.
Die krag is daar, die Gees is daar maar wakker dit aan en pas dit toe.
Gaan soek ‘n geleentheid om jou gawes te gebruik deur hand oplegging en te bid vir siekes. Spreek jou tale en profiteer.
Omdat dit nagelaat word sluip ander dinge in soos met Timoteus se vrees & angs
Die vuur is dood en nou gaan wilde diere kom – jy’s reg
Ek voel nie meer sy teenwoordigheid nie.....Ja, want die vuur is dood – hitte is weg
Ons sing ‘n liedjie:”Bring back those happy days...”. Daar’s nie so ding soos “ happy days “ nie. Vandag moet nog “Happy days” wees vir ons as ons net die vuur en gawes aanwakker. Dit was die “Days” toe ons nie skaam was evangelie nie en toe die vuur gebrand het, toe ons hande op gele het.

Maar ons het soos het intussen soos Timoteus geword.(en hy was pastoor/evangelis)
Hy dien die Here...maar vuur is weg.
Hy bid nie meer soos altyd nie en praat nie meer in tale nie

Dis jou verantwoordelikheid om vuur aan brand te hou !
Lev 6:13 – vuur moet gedurigdeur aan brand gehou word – dit mag nie doodgaan nie !
 Die gees is nog hier binne, want Paulus het vir Timoteus gese dat hy is nog oortuig die Gees is nog inhom maar hy moet die vur en gawes aanwakker.
Ja, die gawes is nog hier binne moet aangewakker word – (to stir up !)
Lees 1 tim 4:13 – 16

Verwaarloos nie die genadegawe nie en vra dan:”Waar is die krag en werking v Gees ?
Ons wonder waar is die krag in my gebed heen ? - Ek weet nie ...sê jy my ?
Ons sing liedjie : “Daar’s vuur hier binne my ?” - Regtig ?...hoe groot is jou vlam
Waneer laas het jy jou gawes gebruik.

Onthou : Die vuur doen iets – Dit gee hitte, atomsfeer, veilig.
Die gawes/vuur is daar om iets te doen vir jou. Die tyd is nou om weer te roer in jou siel en die pap lepel in te druk : Stir-up the gifts of God

Dis daar...die gawes is nog daar en soos Paulus vir Timoteus se: ek is oortuig daardie geloof is nog daar, maar die gees moet aangewakker word.

Daardie gees is nie v vreesagtigheid nie maar gees v krag ...liefde...selfbeheersing.

Kom ons plaas ons hand in eie boesem en vra onsself af:”wanneer laas het die gawes van God in my gewerk”
Kom ons doen ondersoek of ons skuldig is dat ons die vuur laat dood gaan het.


Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed