Vergeet my nie !

Vergeet My nie – 1 Julie 2018


Op skool as maats of verliefdes skei of trek wat sê hulle ? – “Belowe jy sal my nooit vergeet..”. Hulle huil en belowe dat dit nooit sal gebeur nie en dan op die reunie “ Uhhh Wie’s jy ?”
As jy nie van of met daai persoon praat nie, gaan hy vergete. As jy nie “memories” oproep nie, gaan hy vergete. Self skool liefde, nou sê almal:”Nooit, nie ons twee duifies nie...”
Daar’s gesegde : Uit die oog...Uit die hart.

Maar kom ons kyk na Israel. Hulle het baie foute gemaak. Hulle was soms ongelowig en murmureerders maar EEN oortreding was “VERGEET-agtigheid” en daarvoor het hulle ‘n groot prys betaal.
1ste het God gese:” Hou boek en skryf als neer”
Lees Num 33:1-2
2de het Hy gese moenie vergeet nie :
Deut 4:9 “Neem jou net in ag en wees terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou lewe nie; en jy moet dit aan jou kinders en jou kindskinders bekend maak:...”
Ten spyte van hierdie en baie ander gedeeltes het ISRAEL nogsteeds vergeet.

Een v die gevalle was by berg Sinai
Ex 32:1 “TOE die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.”

Waarom was dit belangrik vir God dat hulle rekord hou van als ? Want die Israeliete het heeltyd loop en kla en hulle kla en murmureer oor alles, en al wat God wou gehad het is “Onthou dat EK jou GOD was wat jou DEUR gedra het”.
Maar wat doen hulle, hulle hou aan kla.
·       God het nounet magtige Faroa oorwin en hulle kla by see wat voor hulle lê.
·       God maak die see oop en hulle kla oor water
·       God gee water en hulle kla oor kos.
·       Hulle kla oor die hitte en God gee ‘n wolkkolom, dan kla hulle oor die kou nagte en God gee ‘n vuur kolom.
Later word God word so kwaad en Hy slaan ‘n bal vuur op die aarde neer.

Wat sien ons hier ? Die vergeetagtigheid van ‘n volk en daarom sê God: “Skryf alles neer...”, “moenie vergeet van die grootheid van GOD nie”
Veronderstel die gesprekke van die Israeliete was positief en soos God verwag het.

Olaf: “Wow HIRAM – onthou jy nog God se grootheid & faroa se skok”
Hiram:” Ja, en as HY dit kan doen, gaan Hy virseker vir ons water gee, jy sal sien..”

Maar nee, dis nie hoe ons praat nie. Ons praat so........
Num 11:5,6 “Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoffel.6) Maar nou is ons siel dor; daar’s glad niks nie: net die manna is voor ons oë.”

Al wat God wil he, is dat ons moet Hom onthou en hoe Hy jou UITGEHELP het, maar 40 jaar sien die volk net slegte raak.
·       God laat daardie hele GENERASIE uitsterf (40j) en laat net die nuwe generasie vol hoop die beloofte land beerwe en ook vir hulle sê GOD – “Bou ‘n altaar sodat julle my goeie dade onthou.
·       God wil nie onthou word vir jou BANKROTSKAP nie – maar as die GOD wat jou deur gedra het
·       God wil nie onthou word vir die pyn toe jou man gesterf het nie – maar as die GOD wat jou hand vas gehou het
·       God wil nie onthou word vir seer van die egskeiding nie – maar die eggenoot wat Hy vir jou was.

Maar die probleem is nie net die mens nie, die duiwel wil nie he ons moet praat oor God se goedheid nie. Hy bedek ons oë en maak ons blind want elke getuie is ‘n “oorlogskreet” van die grootheid v God en die oorwinning in Jesus.
Die duiwel wil gesprekke by braai of werk hoor van: “So, as die regering ons huise vat..Kan ek by jou kom plak ?
So, ons is nou “JUNK status” , ek dink ons moet Australie toe trek.
Depresiewe volk – SIES ! Wie’s jou GOD ?
God wil he ons praatjie moet verander soos Dawid sê in Ps 145 en gaan Lees Ps 145 :1-8

Die duiwel gaan nie eers meer jou target nie, want in elke aanval draai jy om en dank god dat Hy jou dra – en dit wil die satan nie hê nie.
Elke aanval word ‘n oorwinning – omdat ons getuig van Sy goedheid & god nooit vergeet nie.
Vergeet nooit Sy weldade nie en nie net voor ander mense nie. Jou geestelike lewe sal handomkeer verander as JY GETUIG in jou gebed:
·       Here: U is God wat my uitgered het en gespaar het uit ongeluk...”
·       U is die God wat deur OPERASIE gedra het....”
·       U is GOD wat kos voorsien het in ARM in moeilike dae...”
Teen die tyd dat jy moet vra in gebed is jy so vol van geloof, jy roep sonder twyfel en spreek in geloof.
Waarom ? want jou gedagtes is VERFRIS met WIE GOD is en wat Hy kan doen.
“Maar ek gaan NOU deur krisis !!!”....Dis JUIS wanneer jy GOD se GROOT dade moet ONTHOU

Vergeet my nie...WANT EK is..!Ek is MAGTIG...EK is REGVERDIG...Ek is liefde


Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed