Posts

Showing posts from July, 2018

Die Wegraping

Die wegraping – 29 Julie 2018 Kliek hier en luister na die aanlyn audioboodskap Ons hou aan beloftes vas vir genesing en voorsiening. Ons glo in die beloftes van die woord en weet dit staan vas . Beloftes van seen en rykdom, beloftes van beskerming en ken self van die gedeeltes om dit te kan kwoteer soos :” Ek is die kop en nie die stert nie….” Wonderlike beloftes maar daar is ook e en belofte waaroor ons nie meer so baie praat nie. Dit kom voor uit dieselfde bybel wat beteken dit dra net soveel krag. Dis die belofte v Sy koms ! As siekes gesond word...as daar in ons finansies voorsien word... a s gebede beantwoord word... beteken dit vir een ding ...dan moet Sy koms ook naby wees. Die koms v.d Here word nie meer bespreek nie. Nie net die tekens van die tye nie maar ook die bewustheid van Sy koms . Soos dae aanbeweeg – twyfel die mensdom meer en meer . ‘n Menslike studie bewys dat die kans dat als gebeur soos dit voorspel is in die eindtyd en al die profesiee in

Laat die dooies, die dooies begrawe

Laat die dooies die dooies begrawe – 22 Julie 2018  (Kliek hier en luister hier aanlyn na die audio boodskap) Wat beteken die terme “Koop die tyd uit” Voor ons dit kan verduidelik moet ons eers besef dat daar is 2 redes waarom ons iets  koop 1) Vir eie gebruik 2) Om te Verkoop en daardeur ‘n wins maak Maar dan lees ons in: Ef 5:16 “Koop die tyd uit, omdat die dae boos is” Kan ons tyd koop ? Nee, nie regtig en prakties nie maar wat beteken die vers dan ? Beteken dit ons moet meer tyd maak ? – Miskien ? maar dan sou die Woord gese het: “Gebruik meer van jou eie tyd” As jy iets koop dan gaan koop jy dit mos van iemand anders. So ons kan dan sĂȘ dat die tyd wat die wereld verspul aan eie dinge is wat ons moet gaan opkoop m.a.w tyd wat hulle spandeer vir eie gewin – moet ons spandeer met Goddelike dinge Om dan terug te kom by ‘n winskoop – Baie mense koop iets – hou dit vir later om dan wins te maak uit die belleging wat gemaak is in die produk

Hou my trou

Hou   my trou – 15 Julie 2018 * Kliek hier vir die volle Audio Boodskap * Die Here is ons HELPER en ons lees dit in Sy Woord. Maar het u al gedink in wat als is Hy ons helper. Hy is ons Helper om deur ‘n krisis te gaan en ook is Hy ons Helper om die dood van ‘n geliefde te verwerk. Hy help ons om die Woord te verstaan en nog op soveel ander gebiede dat dit te veel is om op te noem. Maar Hy is ook instaat om ons te help dat ons nie sal struikel nie. Dit maak nie sin nie, want is dit nie ons eie verantwoordelikheid nie. Dit is wel waar en om nog ‘n groter verantwoordelikheid te besef is die feit dat die Nuwe Testament 1050 reels bevat vir die kind van die Here. Ja, al gebooie in die Nuwe Testament word saam gevat in die 2 gebooie wat Jesus vir ons gee – LIEFDE Nogsteeds is daar reels of   dan eerder “VERANTWOORDELIKHEDE” wat ons moet navolg. 1) Opdragte om te waarsku teen die werke van die vlees – bv Egbreek, Brassery, Dronkenskap 2) Opdragte vir GEESTELIKE redes e

Wakker die vuur aan

Wakker die vuur aan – 8 Julie 2018 Kliek hier vir die audio boodskap Dit is altyd lekker om by ‘n bosveld vuur te sit. Maar saam met die onstspanning moet ons besef dat die vuur is ook tot waarde. Dit gee hitte af en bied beskerming teen wilde diere en skep ook ‘n lekker atmosfeer Daar’s nog een ding nodig om dit te kan geniet. Jy moet maar heeltyd hout op vuur gooi want anders gaan vuur dood. Dis eintlik ‘n logiese antwoord maar so belangrik. As iemand nie die vuur aanhou voer met hout nie, gaan hy dood en ons verloor al die voordele : hitte, beskerming, atmosfeer Daar is ‘n Griekse woord vir “aanwakker” en dit is :” anazo – pureo” wat beteken: to “stir-up” of   “en-flame” one’s mind. My vraag aan jou is dan maklik:” Is jy aan die brand ? “ Timoteus het soos baie tipies in Christen huis groot geword en soos baie ook verval in “gewoonte christene”. Duisende mense is in daardie toestand: Christen huis ....... Gaan kerk toe ........ Hart here gegee en die Gee