Wat hou my terug ?

Kliek hier vir die audio boodskap

Wat hou my terug – 9 September 2018-09-13

Het jy al op gelet na die werkinge van ‘n lugbalon ? Dit is die vuur wat hom hoër vat en dan die wind wat hom verder sal neem en nog hoër met die warm opwaartse lugstrome.
En hierdie is so sinoniem met ons geestelike lewe. Dit is die vuur van die Heilige Gees asook Sy wind wat ons nuwe hoogtes laat bereik. Maar voor ons wegraak in die Gees moet ons net weer terugkom na die boodskap toe.

Wat is die volgende wat moet gebreur voor die lugbalon kan opstyg ? Ja, ons moet mense kry en inklim maar iets omtrent die lugbalon moet verander. Sy sandsakke moet afgesny word. Die dinge wat hom op die grond hou moet gebreek of afgesny word.
Ons as kinders van God het dieselfde taak om te verrig. Hierdie VAL-en-OPSTAAN lewe moet verander. Dit is hier wat ons die sandsakke wat ons terug hou moet afsny. Hierdie sakke is soms die dinge in ons lewe wat ons die minste verwag dat dit vir ons ‘n probleem kan skep.
Gaan ek hel toe as ek dit of dat doen ? Ag, my vriendskap is net ‘n platoniese vriendskap ?
En dan kan ek aangaan met al die voorbeelde, wat in baie gevalle “Grenslyn” gevalle is. Dit is op die randjie van reg en verkeerd. Ek gaan nie deur hierdie boodskap jou oordeel nie maar ek gaan wel jou vra of jy bewus is van die vossies in jou lande wat verwoesting veroorsaak. Die dinge wat jou terughou !

Simson het geweet hy moes breek met Delilah, maar hy’t by homself gedink:”ag, ek sondig mos nie”
Dawid staan op die stoep en kyk maar net...en hierdie is grenslyn gevalle wat ontaard het om die lande van hierdie manne te verwoes. Nog ‘n voorbeeld is Judas wat ‘n deur vir die duiwel oopgemaak het. Terwyl Maria kom om Jesus se voete te was met die duursame olie was hy baie ontsteld maar dis nie die ware rede nie.. Joh 12:5 “En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ’n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het”

Die mens voel meeste van die kere in beheer van sy swakheid of die reus wat hy moet veg in sy lewe, maar eitlik is jy ‘n slaaf. Jy sien nie die gevaar en bedreiging nie.
Die Here kom en sê vandag dat ons die sakke moet afsny wat ons terughou of ook ‘n bedreiging vir ons geestelike lewe in hou. –Joh 15: 1,2 “EK is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.”

Hierdie skrif noem duidelik dat God verwag vrug van die lote wat in die wynstok is. Dit beteken dus dat God wil nie net he ons moet in die wynstok wees en hoop daardeur maak ons die hemel nie, maar ons moet vrug dra. Ons moet strewe na beter en ‘n sterker geestelike lewe en verhouding met Hom.
As Dawid net in die toekoms kon kyk en sien watse uitwerking sy “onskuldige kyk” sou oplewer het hy dit nooit gedoen nie en miskien dalk eerder sy oog opgeoffer het, maar dan immer het sy kind nog gelewe.

Simson wat tussen duisende Filistyne as ‘n bespotting gesterf het en Judas wat gehang het aan ‘n boom is alles die uiteinde van vossies wat skade gemaak het. Grenslyn gevalle wat kinders van God terughou terwyl Hy verwag dat ons moet groei en vrug dra.
Paulus noem dit duidelik en ons sien die verwagting wat geskep word. Dat ons al moes aanbeweeg het en bedienaars moes wees, maar nee, ons is nog vasgevang deur die sandsakke.
Rom 5:12 “Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ’n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.”

Ons lewe op aarde moet nie net gaan om die feit dat ons die hemel wil maak nie. Nee, ons is hier geplaas om Sy koninkryk uit te brei, vrug te dra, geestelik te groei en dan natuurlik ‘n dieper en hoër verhouding met die Heilige Gees.

Ons is miskien op die regte plek, die vuur is oopgedraai en als is reg...maar nou moet ons oorbeweeg na die groot stap, om die sakke los te maak.
Ons moet van die melk oorbeweeg na die vleis..

Ons moet uit die vlak water kom na dieper waters sodat ons dors geles kan word na die lewende waters van die Heilige Gees.

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed