As liefde gelouter word.

As jou liefde gelouter word.


Liefde is hoofsaaklik gekoppel aan die liggaam en sy sintuie. Die oorsprong van liefde onstaan uit “waarneming”.
Toe jy ‘n meisie of ‘n ou gesien het. Jy’t gehou van haar en die liefde het begin groei.
Maar liefde is werkwoord en dit bly nie net by waarneming nie. Liefde is om iets te doen, iemand vas te hou. ‘n mamma wat kosmaak.

Ek het nog nooit gehoor van iemand wat lief geraak het op iemand – waarvan hy net gehoor het nie. Dit is nodig vir ‘n ontmoeting, mekaar leer ken en daarvan hou. ‘n Verhouding wat ontstaan en om mekaar te sien...aan te raak...gesels…
As liefde dan liggaamlike konnektasies het – hoe eg of werklik is ons verklarings teenoor Here, wat gees is ?
“Here, ek het u lief “ – maar wat as ons liefde gelouter word en ons die vraag vra, “Wat is die oorsprong en kern van ons liefde teenoor Hom.
Lees luk 22:31-34
Ja, ons se dit en verklaar dit..maar is liefde net in woorde ?
                  Mat 15:8 “hierdie volk nader My met hulle mond en eer my met die lippe, maar                 hulle hart is ver van My af.”
As ons staatmaak op net woorde of ons eie opinie van liefde, hoe verklaar iemand bv. uit ‘n mishandelde lewe wat nie regtig liefde kan definieer of met dit assosieer nie. So persoon kan soms nie liefde beskryf nie en miskien nog nooit ervaar nie: Hoe bewys ons liefde ?

Hoe weet ons, dat - “alhoewel ons goed bedoel” - dat daar werklike opregte liefde vir Jesus is ? Hoe kan ek Hom behaag met my liefde ?
En as liefde hoofsaaklik ‘n vleeslike emosie is – hoe kan ek die Here werklik lief he wat in die gees is ? Wat doen ons as mens om liefde te meet ?
·       Die grootte van die diamant – soms ja
·       Kom gee oupa ‘n drukkie – Dis ‘n vleeslike konneksie
·       Doen iets vir iemand, miskien ‘n lekker bord kos. Dis mos uit liefde.

En toe  besef ek...om liefde aan Jesus te bewys is ook om iets te doen.
Maar as jy praat van werke dan is ons weer onder die wet ? – Nee, glad nie.
Jesus self het vereiste gestel om liefde aan Hom te verklaar en te betoon.
Hy’t vir Petrus gevra: Het jy My lief ?
Petrus antwoord: “Natuurlik Here U weet mos” - ( kyk na die vleeslike woorde )
Jesus: Bewys dit dan en laat my lammers wei (maw – doen iets om dit te wys)
                  1 Joh 4:20 - as iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy ’n leuenaar;            want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat             hy nie gesien het nie?
Onthou ons praat van liefde wat groei en ontstaan uit vleeslike waarneming en hier bevestig die Woord in 1 Joh 4 presies wat verduidelik.
Ek wil dan die gevolgstrekking maak dat liefde vir broer is ‘n barometer van jou liefde vir God
Ons kan elke diens bywoon.....Koordans en die Here loof.....tale spreek, maar as jy nie die liefde het nie is jy ‘n klinkende simbaal of ‘n luidende metaal. Met ander woorde dit klink vals in die Here se ore
                  Lees 1 Kor 13:1-3
Maklik om lippe lief te he, né Petrus ? – wat tot die dood by Jesus sou staan ?
Maar hoe wys hierdie ware liefde..
As tale, gawes, profesie, al jou goed uitdeel en eie liggaam oorggee :- nie liefde is nie – wat is liefde ?
Liefde aan God word gewys aan liefde vir jou broer
                  Lees ook 1 JOH 4:21  en hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy                    broeder moet liefhê.
Vir daardie rede het Jesus vir Petrus sy barometer v liefde gemeet aan liefde vir sy skape
Dink nou aan iemand wat jou baie irriteer, miskien iemand wat jy nie kan vat nie...
Iemand vir wie jou oe rol...
Wat as Jesus vandag moet se: “Moenie met jou mond en lippe vir my se julle is lief vir My nie, maar wys jou liefde deur irritasie, om te sit in liefde vir daardie persoon.
Met ander woorde: “laat My ander lammer ook wei.”

As liefde gelouter word, wys My jou liefde deur ‘n familie lid of vriend vandag te vergewe.Moenie goed weggee of tale spreek en geestelik wees nie. Dit het ‘n ander doel en betekenis. Kry jou broer lief...en Ek sien jou liefde raak vir My
                  (NLT) – 2 kor 8:8 I am not commanding you to do this. But I am testing how             genuine your love is by comparing it with the eagerness of the other
Liefde teenoor die Here is dinge wat jy aan Hom wil wys maar Hy se: “wys dit teenoor jou broer wat naby jou is, en Ek sal weet jy’t My lief
                  Liefde = 1 kor 13:4,6,7 “ie liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die               liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 5)  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy                   eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie.   7) dit bedek alles, glo               alles, hoop alles, verdra alles.”
Liefde aan die Here is ook om nie wereld lief te he:
                  1 Joh 2:15 “moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die             wêreld liefhet, dan is die liefde van die vader nie in hom nie.”
Ons moet skei vd wereld om opreg te verklaar dat jy Hom lief het. Hy verwys dat ons liefde aan hom bewys deur gebooie onderhou.
                  1 Joh 5:3 - want dit is die liefde tot god, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie                swaar nie.
Hulle het hulle Jesus gevra wat is die groot gebod:
                  Mat 22: 39 en die tweede wat hiermee gelykstaan: jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
                  40 aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.


Hoe ons ook daarna kyk jou liefde aan God word nie gespreek en verklaar nie – maar bewys deur liefde v medemens. As liefde gelouter word om ware liefde te wys - Laat dan My lammers wei.

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed