Ontbloot die vyand


Ontbloot die vyand  -  Sondag  14 Januarie 2018


In die film Forsaken is dit duidelik dat ek oortuig was, dat my omstandighede is deur God geskep sodat Hy met my kan praat.
Soos die OMSTANDIGHEDE erger word...Word ek meer kwaad en opstandig
Eers jare later het ek besef: Ek is VASGEVANG in leuen v VYAND :- dis GOD wat jou kind siek gemaak het (of nie wou genees nie)
Die moeilikste ding om te doen is seker om te onderskei tussen waarheid en leuen
en die vyand buit dit uitHy is die een wat kom om te steel, slag en verwoes en dan wys uit God uit as die een wat dit gedoen het.
Baie mense ons moet nie getuig en die duiwel eer gee nie. Ons moet besef: dis nie duiwel eer gee nie...Dis om die vyand te ontbloot van sy werke, leuens steel en verwoesting
Ek onthou toe ons kinders was en stout  saam met MAAITJIES. Soms hardloop ons weg of ons en kruip weg agter die muur.
Sodra die ma of oom een van die maats vang, skree hy vinnig :” daar’s hulle tannie..Hulle kruip daar weg
Hy lewer ons uit, hy ontbloot ons dade !
Dis bietjie tyd kinders v God..Die duiwel uitwys en sy sluheid
Nee....Nie eer gee nie, maar hom uitlewer as die LEUENAAR...Dief en verwoester
As u dink aan n foto van ‘n boer wat kyk oor sy lande. Wat dink jy sien hy ?
Hy sien die skoon lande met ‘n visie vir ‘n rekord oes. Maar ook sien hy dit wat sy oes kan bellemer soos bossies..Onkruid...Miskien ‘n tak of twee.
Hy kan nie suksesvolle oes he  en net sommer begin plant nie. Hy moet die ploeg instuur, voorberei en skoonmaak vir dit wat hy verwag.
En ons moet ook kyk na ons lande. Is daar onkruid gesaai...Dorings ...En distels ?
Hoekom, want ek verwag ‘n GROOT OES vir 2018, en alles in my wat oes gaan bellermer moet uit
Dit kan net gebeur as ons vyand ontbloot ...En slaggate uitwys !!! Die dorings en distels identifiseer en skoonmaak.
Daar’s n bekende Sondagskool liedjie: Trek hulle uit en gooi hulle weg...Al kleine hasies Koringland. Afguns Jaloesie twis en haat, Bly in my hartjie as ek hulle toelaat. Hierdie is net klein dingetjies nie. Dis ‘n gees van jaloesie en ‘n gees van twis en haat.
Hierdie is alles werke v vyand gesaai in KINDERS v HERE se lande en ons moet hulle uittrek...SELF !. Nie die PASTORE en Ds. nie.
Soos ‘n Boer voor SEISOEN oor lande staar en soekend kyk om te identifiseer, so moet ons uitkyk na 2018 en staar, afwagtend vir ‘n rekord oes.
 

Ons moet dan vra:” HERE, Openbaar die vyand wat versteek is in my lewe.
Lewer die vyand uit wat verwoesting saai en verhinder dat ons oes nie ‘n rekord oes is nie. Dis sy werk om oeste te verwoes. Hy’s ‘n dief...Verwoester en hy  moet uitgelewer word.
Hierdie onderskeid kan net gebeur met stille ondersoek en afsondering.
Die versteekte werke van die vyand wat uitgehaal moet word sodat ons kan regmaak vir die  oes.
Wellus is miskien gesaai en word jaar na jaar ingeploeg.
Hebsug word verdoesel, twisgierigheid of ander werke v vlees
Here ! Ek wil als uitruk wat my geestelike groei kan bellemer.
 
1 Kor 5:7 Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ’n nuwe deeg kan weessoos julle inderdaad ongesuurd is — want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.
8) laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.
Die mooiste gesig is wanneer die boer op ‘n dag, die trekkers reg kry en implimente uithaal.
Die boer besef: “ek kan nie by al die onkruid uitkom nie, maar ek gaan agter my hak  Die beste onkruidoder nog ooit, wat al die onkruid 2000 jaar gelede uitgeklee het aan kruis
Dan druk daardie boer die ploeg in die grond en sit sommer 2, 3 of 4 trekkers in en dolwe die grond om, want hy verwag grootste oes nog ooit en dis tyd om skoon te maak en uit te ruk.
Lees Ef 3:16-19.
Di is om jou in staat te stel soos wat die implimente die boer instaat stel om skoon te kan maak. Deur dit kom oes tot volheid !!!
Deur die vyand se werke te identifiseer, kom ons tot volle potensiaal. Deur dan self en gedurigdeur ondersoek te doen. Die vyand se planne is om onkruid en vuiligheid te saai. Om leuens te verkondig en God ons vyand te maak terwyl hy die oorsaak was.Kom vandag en ruk die onkruid uit !
Vandag staan ons soos boere en kyk oor ons land. Daar is dinge wat die Here moet oopmaak vir jou, maar jy gaan implimente nodige he, en die Here is al wat jy benodig.
Sekere dinge het al vasgegroei maar Hy is daar om jou los te maak.
My gebed vir nuwe jaar is, Here praat met my...Ek luister
Here.... Wys my ...Ek kyk !


Here...Ek is reg vir ‘n nuwe oes !

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed