Breek los in krag en autoriteit

Breek los in Krag en Autoriteit  – 28 Mei 2018

Die 1st Vraag ? Wie beheer aarde ?

Dit was mens in - GENESIS : 1:26 “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.”

Maar mense sê ons het dit oorggee aan satan met die sondeval. Verduidelik dan wat DAWID sê oor die mens, ‘n paar 1000 jaar na sondeval: Ps 8:7 “U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:8) skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,”
Dit beteken alhoewel die mens sy HEERSKAPPY verwaarloos het, was dit nooit weg gevat nie. Die Sonde het die krag en mag daarvan “verminder”en SONDE veroorsaak dat die MAG v satan ‘n effek he op aarde

Die 2de Vraag : Watse mag het satan dan op aarde ?
Voor ons dit beantwoord moet ons besef die verskil tussen mag en autoriteit.
Satan het mag : Dis met daardie mag wat hy in OPSTAND teen GOD wou kom en toe is hy met sy mag uit hemel gewerp en nou oefen hy sy mag uit op sy nuwe tuiste hier op aarde
Hy het selfs ‘n titel as OWERSTE (a.g.v sy mag)  - Joh 12:31” Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.”
1 Joh 5:19 Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.

Hy het al intussen ‘n weermag van rebellie opgebou
Mat 4:8 Weer neem die duiwel Hom saam na ’n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid.
Letwel Konikryke (Kingdoms) wat koninkryke van rebellies is nie noodwendige aardse stede nie.
Om hierdie boodskap verder te verstaan moet ons die verskil bekryp tussen MAG & AUTORITEIT.
MAG = Vermoe om IETS uit te voer en die vermoe om ander te BEINVLOED om iets uit te voer
AUTORITEIT = wanneer jy die MAG het om INSTRUKSIES te gee m.a.w AUTORITEIT kom van die “AUTHOR”. So die satan het MAG (d.w.s die vermoe om iets doen)
Wie het AUTORITEIT ? Die auteur van alle dinge en Hy is Jesus.
Satan het miskien MAG -> MAAR JESUS het AUTORITEIT en Hy gee instruksies en opdagte uit wat gevolg moet word.

Satan het dus mag `TOTDAT die AUTEUR” van alle dinge instap !
Heb 2:14” Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het — dit is die duiwel —
15 en almal kon bevry wat (wat n auteur doen)hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.”

Kom ek verduidelik prakties die konsep van MAG en AUTORITEIT. As 2 seuntjies sit en blokkies speel het die een boetie DIE MAG om die ander een se blokkies te breek. Die boetie wat se blokkies gebreek is het ook dan die AUTORITEIT om vir sy broer te SE dat hy dit nie moet doen nie.
Mag is dan die moontlikheid wat jy besit om iets uit te voer, maar AUTORITEIT is om die ander te stop net deur n woord te spreek.

So, ONS weet JESUS woon in ons en die mag en auoriteit wat aan Hom gegee is, word dus deur Sy inwoning aan ons gegee. Wat is dan aan Jesus gegee:
         Matt 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
.....en het hy dit ons gegee ? – Gaan lees wat staan in Ef 1:19-23.
......en saam met ons is dit Jesus se laaste doel op AARDE –
         1 Kor 15:24 - Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader                oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.

Maar waar pas ons in hierdie rangorde? Kom ons doen hersiening:” Onthou, ons is nogsteeds bedoel om te heers, maar het MAG verloor en van ons grondgebied afgestaan deur sonde.

God is ook die Een wat autoriteit gee want Hy is die Auteur van alle dinge. DIS HY wat vir PILATUS sê: Jn 19:11 “Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie.”

Hierdie verlore mag word dan herstel wat deur sonde ingesluip het: 
Luk 9:1,2 “EN Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag(AUTHORITEIT) gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.
2) En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak

As JESUS (die AUTEUR –en gewer v AUTORITEIT) instap vaHy die mag by satan weg oor dood, as Jesus by sy dissipels instap, herstel Hy die rangorde van mag sodat ons meer mag as vyand het om  los te breek !
Die auteur het gepraat en ons mag en autoriteit gegee en nou is daar nogsteeds ‘n paar ongelowige kinders van die Here, wat met hierdie mag sit en dit tog nie gebruik nie.

Onthou wat ons dan sê en sien in Ef 1:19 - bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. 22) En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,(Hy’s ons s’n)

Terwyl ons sit met MAG en AUTORITEIT om die satan se aanvalle en werke te weerstaan moet ons dit in prakteik ook doen en uitvoer.

Vir so lank ons sit soos die boetie wat blokkies speel gaan die vyand kom en altyd dit kom omkrap en breek, maar as jy jou autoriteit besef kan jy begin opstaan en die woord spreek met autoriteit.

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed