SWOT - Wat is swakheid

Wat is swakheid - #SWOT – 3 Junie 2018


Waarvoor staan SWOT ?
In die Besigheidswereld word hierdie analiese gebruik
·       Strenth, Weakness, Opportunity, Threats

Ons is geleer om gereeld ‘n “SWOT analysis” te doen, d.w.s eerlik jou besigheid te disekteer en te identifiseer al die sterkpunte, swakpunte ensv
Al die woorde van die SWOT analise verstaan ons maklik, maar wat is “weakness” regtig
WEAKNESS: “SHORTCOMINGS” of “IMPERFECTION” of “FLAW” en soos in besigheid moet ons soms self ondersoek doen
‘n GEESTELIKE SWOT analysis vind ons in die volgende skrif gedeelte:
2 Kor 13:5 “Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie — as julle ten minste nie verwerplik is nie!”

Hoekom wil ek fokus in hierdie boodskap op die “WEAKNESS” blokkie ?
Want dit is belangrik om weet waar ons swakheid le en hoe dit ons beinvloed.Waarna verwys die Bybel in 2 Kor 12:7-10 ?
Daar heers soms persepsie dat die SWAKHEID wat hierna verwys word ook na sonde in jou lewe. Kriminele sê ook altyd in die hof:” Dit was oomblik v “SWAKHEID”.
Die ontrou man sal sê:” Dit was in oomblik v swakheid”.
Sondes word as swakheid genoem en dis GEVAARLIK. Sê Paulus dan dat hy roem in sy sonde ?
Nee, hy roem in sy swakheid want met CHRISTUS in hom word dit sterk. So, wat is hierdie swakheid?                
Hierdie is ‘n swakheid in ons CHRISTELIKE mondering. JA, Dis belangrik om jou SWAKHEDE te identifiseer, sodat jy dit in jou “TO-DO box” kan sit en vir die HEILIGE GEES vra om dit te versterk.
Alle KINDERS van HERE sit met swakhede maar NIE noodwendig SONDES nie
·       Gaan kyk na n paar:
                  ONDERDANIG : Meeste mense sukkel met dit - JESUS sê :Hy het gekom om           te dien. Om nie ONDERDANIG te wees nie, is eintlik REBELSE gees of                   MANUPILERENDE gees wat die JESUBEL gees is – TOG sukkel almal met onderdanigheid in ‘n manier.
·       Van die VRUG v GEES
BLYDSKAP : - Hoe lyk van sommige KINDERS v HERE ? Als behalwe of ONS KONING KOM – maar tog sukkel almal ook met blydskap.
SELFBEHEERSING:- Sommige kinders HERE het meer uitbarstings as wereld
SAGMOEDIG: Mense vrees jou so, want jou naels kom uit vir alles
·       Ander tekortkominge in die Woord v God.
TYD vir afsondering: Hoeveel mense sukkel met dit ? – Die gedagte is wel daar, maar die “DOEN” ontbreek.
GELOOF : Om te kan GLO is regtig gawe. Ons praat maklik maar BAIE mense sukkel met GELOOF
BID: Mense weet nie om te bid nie
Al die dinge is nie noodwendig sonde nie maar wel swakhede. Ek probeer net wys die GROOT verskil bestaan tussen SWAKHEID en SONDE

Paulus was bewus van sy “tekortkominge” en dit was soos doring in sy vlees vir hom
Lees 2 Kor 12:7, 8
Hierdie doring was n SWAKHEID en nie SONDE nie, maar baie KINDERS v HERE leef in sonde en kwoteer hierdie vers
Paulus was bevrees dat sy swakhede HERE terleurstel
LEES nou verder 2 Kor 12:9
Wat beteken hierdie vers? Dat ek gaan nie meer gaan toelaat dat bewustheid v swakhede my groei in Jesus bellemer nie. Solank ek Hom aan hou dien – sal SY GEES my swakhede te hulp kom.
Rom 8:26 “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.”

Met wat kom die GEES hiér te hulp ? – ‘n Swakheid – As ons nie weet HOE OM TE BID nie...Dit is ‘n swakheid maar nie ‘n sonde nie. Die swakheid – soos die wereld dit verwys – IS NIE SONDE NIE. Sy krag volbring deur swakheid want hy kan deur sy Gees jou swakheid omdraai in sterkpunt.
ONTHOU 2 Kor 13:5 “Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie

Daarom is dit belangrik dat ons selfondersoek doen en vas stel waar le ons Swakheid in die SWOT analise.
AS jy dit self besef sal jy nie toelaat dat die vyand jou wil aankla en jou daardeur terughou nie. In jou SWAKHEID werk SY GEES nog steeds deur jou:
·       As jy (met jou swakheid) jou hande sieke le......sal daar nog genesings plaasvind
·       As jy (met jou swakheid) duiwel uitdryf.......sal hulle vlug

Nou sien jy dat dit kon nie jy gewees het nie MAAR NET GOD en daarin word SY GEES verheerlik in jou swakheid.
Hierdie deel in BYBEL is nie GREENCARD om weg kruip agter swakheid nie.
Dis eerder om DUIWEL te herhinner wat jou aankla, dat jou GEBED nie krag het nie en dat jy nie GESAG het nie.
DIS nie ek nie of my krag nie maar in my die LEWENDMAKENDE GEES wat hierdie werk doen. Ek is net die “VESSEL”. Gereeld moet ons bid en vra dat die GEES om ons SWAKHEDE te hulp kom en NIE een oomblik gaan dit my nou meer terughou om te...BID, BEDIEN en die vyand te WEERSTAAN nie. Ja, daar’s swakhede maar in dit ROEM ek eerder AS BEWYS dat dit net GOD GEES is wat KRAGTIG werk.

Ons swakhede word te min oor gepreek...maar dis SWAKHEDE wat jou BOLDNESS, GELOOF, beroof
Here se vandag: LOS JOU SWAKHEID vir my en MY GEES


Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed