Geloof is Ongelooflik

Geloof is ongelooflik – 13 Mei 2018


Ons sê altyd na ‘n sterk geloof boodskap:” Julle mag nie sê dis ongelooflik nie “ maar hoekom nie ?
Dit hang af in watse “liggaam” jy dit sê. In die geestes liggaam is alles moontlik...
Maar in jou vleeslike liggaam is dit ongelooflik. Dinge van die vlees neem
Die dinge van die gees nie aan nie of m.a.w vir die vlees is die dade in die
gees  “ongelooflik”
Wat is ongelooflik ? – dat die einde van geloof nog nie ontdek is nie !!

Augustinus sê:” Om te glo wat jy nie sien nie, het die gevolg (resultaat) dat jy sien wat jy amper nie kan glo nie.
D.ws jy sien dan (waarvoor jy geglo het) ...en dit wat jy dan sien is ongelooflik
Lees wat se die Woord in Joh 7:37-39

Die mense wat dinge vleeslik bedink het was erg terleur gesteld.
Die wat in gees dit kon vat, het dien grootste herlewing nog beleef, want hulle het van Jesus gedrink om nooit weer dors te kry nie.

Besef ons dat alles en elke faset van ons godsdiens is geloof. Die geloof dat God/Seun/Heilige Gees bestaan is geloof. Dat ons gered is deur offer v Jesus bestaan weens die feit dat ek dit glo. Jy neem nagmaal en glo jy word deel v sy liggaam. In die proses v wedergeboorte laat doop jouself in geloof
Lees Rom 4:1-3

Baie van die dinge wat ons glo, kom nie nou tot vervulling nie d.w.s die ongelooflike ervaaring het nog nie plaas gevind nie.
Onthou, die term “ongelooflike”, is die vlees se waarneming

Om te glo, vas en bid vir redding van ‘n pappa se siel, en stap hy Sondag in die kerk in, skoon gesig en vol van die Here”
Die blydskap in jou liggaam ervaar die ongelooflikheid van jou geloof.

Om te glo, dat jy bid vir iemand en daardie person bel jou later en sê “Ek is kanker vry..”, jou liggaam(vlees) sien die resultaat,en (vlees) kan dit amper nie glo nie.

Hierdie is als dinge wat die vlees al die oneglooflike uitwerkinge van geloof gesien het .
Het jy al wonders beleef en verbaas gestaan?
Maar dan is daar dele van ons godsdiens wat ons vlees dit nog nie ervaar het nie.
Lees Hand 1:10,11

Daar is dinge en bolftes in die Woord wat ons vlees nog nie beleef het nie, maar tog hou ons vas in dit.

“O­ns moet net glo, en ons sal gered word” - Hierdie stelling is die fondament van enige Christen geloof en ons twyfel nie eers ‘n bietjie daarin nie.
(ons dink nie eers daaraan dat, wat gebeur as dit nie waar is nie)

Glo en weet jy dat God is werklik is en dat Hy bestaan ?
Glo jy dat sy wonde vir ons genesing bring ?
Ek is seker dat die antwoord op hierdie vrae is 100% - JA. Maar kom ons maak die kwalifikasies bietjie hoër.

Glo jy dat as jy jou hande op iemand met kanker le, hy sal genees word? Of glo jy, jy het die geloof om langs ‘n dooie staan en hom op te wek? Miskien daal geloof na 65%
Kom ons gaan 1stap verder. Glo jy dat jy nou op na die swembad gaan en kan loop op die water ?
Die eksperiment wys minder en minder geloof word gesien hoe meer “ONGELOOFLIK” die taak is.
Ek wil bewys: geloof is geloof en daar moet nie “verskillende vlakke van geloof wees nie”. Ons moet kan glo in God 100%...redding 100%...sieke kan genees 100% ?
Ons moet ons gees so oplei om in “sync” met Sy gees te wees, want Jesus het vir ons soveel beloftes gelaat, en in elke belofte moet ons glo so sterk as wat ons in Hom en Sy bestaan glo. Dan kan ons begin ongelooflike dinge verwag

As jy glo kan jy dinge roep wat nie is nie: dis ongelooflik
Jy kan praat met jou berg & storm: dis oneglooflik. Sy wapens is kragtig......en dis ongelooflik
Weet julle wat is meer ongelooflik ? Jesus belowe dat ons nie as wese agter gelaat word nie en Hy belowe dat ons sal ‘n ander Trooster kry, wat by ons bly tot in ewigheid.

Wat is ongelooflik ? -  1.God se bestaan, 2.Sy krag as God, 3.  Sy krag in ons,
Maar beloftes, deurbrake en profesies lê “unclaimed !”
Maar ek weet van nog ‘n ongelooflike belofte, en as die Gees beweeg kom hierdie “unclaimed beloftes” by mekaar soos Esegiel sien het dooie bene na mekaar beweeg..
Ons het geestelike leiers nodig om die Gees te roep oor onopgeisde profesies en beloftes.

Dinge gaan nie gebeur sonder geloof nie. Wat is dan ongelooflik ? – dat die einde van geloof nog nie ontdek is nie ! Soos wat ons in God glo kan ons onwrikbaar in die onmoontlike begin glo.­
Geloof is ongelooflik wanneer die vleeslike liggaam die werke van die geloof aanskou. Ons kan dit begin roep as ons vlakke van geloof begin groei.



Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed