Bietjie van jouself is baie vir ander

Bietjie van jouself is baie vir ander – 10 Junie 2018


Het jy al die impak of die uitwerking van reuk ervaar ?
Die lekker reuk van “AFTER SHAVE” of die lekker reuk van parfuum wat die man sommer weer verlief maak op sy vrou.
Maar die teenoor gestelde uitwerking is net so erg. Iemand wat na sweet ruik of selfs ‘n baba se doek.

Die reuk sintuig ongelooflik kragtig. Soos ek genoem het kan die reuk parfuum jou sommer  verlief maak of die reuk van kos jou honger maak (veral BRAAIVLEIS op SONDAG)
Ander uitwerkinge reuk is:
     Uitwerking v reuk v blomme voor slaap – positiewe drome
     Reuk van “Lavender” verminder stress
     Die reuk van peppermint verbeter konsentrasie
REUK word oorgedra aan ander persoon en daarom wil ek gesels oor jou invloed op ander mense soos die invloed van sout op vleis

SOUT op sy eie houer kan die sout té sout proe. Die konsentrasie is te veel.
Regte hoeveelheid sout op vleis is perfek en smaaklik.

Dis ‘n bietjie van jou in ANDER se lewe maak VERSKIL
LEES Mat 5:13-16
Dis die sout in ander LEWE maar ookis dit die ligop ander se pad.
Kom ons kyk na ‘n klomp verdwaalde mense in grot. Almal sal een volg wat die LIG aansteek. Alle verskille verdwyn ras, kleur, taal selfs word die intelligensie van die persoon wat die lig het nie twyfel getrek nie.
Loop hy in die regte rigting ? Maak hy die regte besluite ? Ons weet nie maar as daar ‘n klomp mense in ‘n donker grot is, sal almal die een volg met die LIG
“JULLE is die LIG van die WERELD –” bietjie v jouself is BAIE vir ander
Watse storie vertel jy ? Watse REUK gee jy af ?

Lees 2 Kor 2:14-17
L.W: v 17) ...Handel dryf met baie woorde ..verwys na dat opregtheid is ook ‘n antwoord
Is ons as kinders van die Here ‘n aangename geur onder die wat gered word?

Soos ek genoem het, het reuk ‘n ongelooflike impak en dis my woord vandag : WATSE impak maak ons wereld ?
       “Deur SOUT AFFEKTEER ons ANDER se KOS”
       “Deur REUK AFFEKTEER ons ANDER se SINTUIE”
       “DEUR LIG te wees: LEI ons ANDER na UITWEG”
Ons wil soms met woorde oortuig en ons opinie afdruk en altyd antwoorde gee maar miskien moet ons soms net die REUK, die LIG, en die SMAAK wees en nie altyd wil ANTWOORDE gee nie.
Ek het saam SIAS gaan bid vir ‘n vriend van hom. Ek was die meeste van die tyd net stil gewees en geluister. Ons was net daar en ons was net die REUK vir hom gewees.
Lees verder 2 Kor 2:2-6
Hier sien ons die belangrikheid van Gees v God in ons. Ek kan nie die verhouding met Heilige Gees meer benadruk nie. Ons moet elke dag afhanklikheid wees van die GEES v HERE en bid dat Hy ons kan lei.
o      HIERDIE vlam v Heilige Gees in my, wat ander HOOP gaan gee.....
(Nie oordeel en VERWURG deur woorde nie)
o      HIERDIE LIG v Heilige Gees gaan ander lei
uit donker GROT
           Mat 5:16 “Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien  en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”

Hierdie reuk v HEILIGE GEES
           2 Kor 2:14 “MAAR God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.”

Hierdie REUK gaan snaakse uitwerkings hê. Die wereld sal sê: “Ek verstaan nie, iets omtrent jou...” want dis­ die soet reuk wat jy versprei.
Laat aroma van die Heilige Gees die persoon sommer verlief raak aan HERE

Net die regte sout sodat ek bietjie van myself vir ander kan gee.
JESUS offer nie net reuk en smaak nie maar offer ook die heerlikste water om die dors te les van die hele wêreld.
Joh 4:14” maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.”

Ons weet nie en besef nie altyd dat ons is elke dag besig om evangeliseer nie:
Ons moet vandag vra, O Heilige GEES
                “GEE my REUKWATER”
                “Gee my REGTE SMAAK”
                “Gee my die LIG”
Iewers moet ek iemand se lewe LIG, SMAAK gee en Iewers moet ek IMPAK maak

BIETJIE v MYSELF – BAIE vir ANDER


Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed