Onderdanig aan Sy woord


·  Onderdanig aan Sy woord  11 maart 2018

 Kliek hier en luister na die audio boodskap: Audio boodskap

Lees hand 2:41-43

Sien dat 2 dinge gebeur hier voor die wonders & tekens plaasgevind  het:
1.      Die woord met blydskap aangeneem
2.      Hulle het almal volhard in die leer

Soms vergeet ons die impak & ware doel van die woord. Baie mense lees glad nie self die bybel nie en maak staat op wat die prediker sê of miskien hul eggenote.
Andere voel weer dat ‘n “ verse for the day “ is genoeg vir hulle (en dit opsig self is nie verkeerd nie)
Maar die woord v God hert baie meer krag en betekenis as ons dink
Kyk weer na Hand 2:41 en hier sien ons dat die aaneem v woord is kardinale belang !
Almal juig en sing die liedjie: “Every promise in book is mine... “ maar daar is nie net “verse for the day” beloftes nie
In geheel bestaan die bybel ook nie nie net uit beloftes nie

Woord v God het opdragte en dit bring geestelike groei. Hierdie opdragte raak God se hart en dan ook uitvoering v sy instruksie.

Lees Jak 1:23-26
Kyk na v25) hy wat diep insien & dus doener is , so persoon is gelukkig in wat hy doen
Kyk ook na v 26) hier sien ons die voorbeeld v tong -> tevergeefs is dit vir hom in sy godsdiens (so persoon kan dit maar los – en dit is wat die woord sê)
My pa het altyd gepreek: ‘n kind van die Here kan nie sê: “ ag, dis maar wie ek is...julle moet my aanvaar”
As jy ou lewe (ingesluit jou gesindheid) afsterwe – kan jy nie wees wie jy is nie
Daders v woord en mense wat ag gee op die woord van God is mense wat verander het en daardeur daders geword het. Die manier wat jy praat, liefde betoon en ook  dade is anders.

In Hand 2 het die mense die woord aangeneem d.w.s hul was in alle opsigte onderdanig en onderdanig aan die woord.
Baie predikers verwys na “unteachable spirit” - l.w dis nie unteachable spirit na prediker se opdragte nie dis “unteachable spirit” na die woord van God
As ons dan se: “ag ek is nou maar só...of so - ” – dan toon jy teenoor woord v God (nie die pastoor of ds) ‘n “onleersame gees”

Lees Kol 3:8-10
Vers 10) hier sien ons dat daar verwys word na die vernuwing tot kennis na beeld v skepper. Jou transformasie is na nuwe beeld v God in jou !!!
Jesus ontvang woord of opdrag van God en kyk hoe “onderdanig” is hy onderdanig tot dood – 
Fil 2:6-9

·       Die resultaat van sy onderdanigheid : hy ontvang Naam bo elke naam !
Die doel van God se woord vir ons sien ons in 2 Tim 3:16,17
·       Die resultaat van gehoorsaamheid aan sy woord is in v17) – ons word volkome in God.


In vandag se tyd leef ons in die era van menseregte en daardeur verdwyn die teregwysing.
·       Mense sê so maklik:  “ nee, ek gaan ander kerk soek”
Deur hierdie era verdwyn die onderwysing en mense sê so maklik:
·       “ jy sê nie vir my wat om te doen nie..”
Dit is ‘n duidelike voorbeeld van “unteachable spirits” teenoor die woord v God en of ons daarvan hou of nie, daar is nie net goedvoel beloftes in Sy woord nie. Daar is instruksies, en as ons net oor dit blaai en maak asof ons dit nie raak sien nie ontwikkel ons ‘n “unteachable spirit”

Die instruksies verander jou lewe en daar is ‘n beloning wanneer jy dit toepas in jou lewe.
                  Spr 3:1” my seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;
                  2) want dit :.....sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
Daar is instruksies in Sy woord en kan nie raak gelees word met dagstukkies nie.Ja, Dagstukkies & “Verse for the day” is baie goed en ekself lees dit en gebruik dit. Dis in Sy Woord en die studie daarvan wat verborgenhede opgesluit le. Daar is opdragte wat ons moet onderhou:
·       Opdragte in liefde – gaan lees dit – gaan soek dit
·       Opdragte oor werke v vlees – gaan soek dit
·       Selfs die orde in gemeente -> tale -> uitleg -> selfs daar is reels – gaan soek hierdie dinge
·       Gesindheid, ....onderdanig.....
Ja, ek kan al hierdie skrifte uitlig, maar dit is die doel van die Woord van God, dat ons dit moet gaan lees, met insig en bepeinsing.
Ons moet besef dat hierdie besluit om in Sy Woord te delf kan seer maak. As ons besef wat ware doel is vd woord dan ontdek ons ook nuwe dieptes.

Weet jy dat Woord v God is meer as net ‘n boek dit is ook:-
·       Oortuig soos hamer: Jer 23:29 “is My woord nie só, soos ’n vuur, spreek die Here, en soos ’n hamer wat ’n rots vermorsel nie?”
·       Hy is geestelike spieel: Jak 1:23 “want as iemand ’n hoorder van die woord is en nie ’n dader nie, dié is soos ’n man wat sy natuurlike gesig in ’n spieël sien;”
·       Saad om te groei 1 Pet 1:23 “want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.”
·       Dis beste intruksie boek: Ps 119:105 “U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad.”
·       Beoordeel my gedagtes :“Heb 4:12 want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”
·       Dis waar geloof begin: “Rom 10:17 die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.”

Die woord v God is meer as belofte boek maar dis ‘n pad na heiligheid.Ongelukkig is ons geneig om “onleerbaar” te wees dan vermei ons maar eerder die studie. Ons verkies om by dagstukkies te bly want dis  vol beloftes
Maar ons groei nie in die proses nie, en ons sien nie en beleef nie Sy kragte nie
Kyk na 2 Tim 3:17 ( Die doel vd Woord) – “sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”
Sodat ons volkome kan wees en toe gerus beteken soveel meer vir ons as Kind van die Here.

Ons trek wapenrusting aan en gebruik die swaard maar  dan moet ons “submit” onder als van die swaard
Ons strewe om heilig te leef daarom leer die Woord ons: “word volkome deur toepassing v woord !
Strewe na heiligmaking begin woord. Ja, dit sny tussen murg en been...maar dit maak ons volkome in Hom

En dan moet ons besef dat die grootse doel van alles om “onderdanig in woord te wees is te sien in:
·       Joh 14:21 “wie My gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.

As jy hom lief het, en ook wil he dat die Vader jou moet lief he, moet jy delf in hierdie woord, bewaar dit en laat dit jou leer
Baie mense leer so die Woord, eintlik moet Woord jou leer en jou verander.
Jy kan al versies kwoteer...as dit jou nie verander nie : is letter dood

­­Dis 'n Boek vir verandering.
God praat met jou deur hierdie lewende woord

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed