Die Losprys betaal..

Die LOSPRYS -  30 Maart – Goeie Vrydag

Kliek hier en luister die audio boodskap aanlyn: Audio boodskap

As moderne mense sukkel ons om die konsep van die losprys en offers vir sonde te verstaan. Ons opgegroei in genade despensasie en nie geleer dat ons moet  sterf vir sonde nie. Ons besef nie dat dit ‘n universiele wet is nie.
Net dood of bloed betaal dan die prys v sonde.
·       Gen 2:16,7 en die Here God het aan die mens bevel gegee en gesê: van al die bome van die tuin mag jy vry eet,
·       17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

Het hulle gesterf ? – nee, ..(Adam leef nog 930 jaar na sy sonde)
Het God dan nie die waarheid gepraat nie ? Ons moet verstaan dat “ death in bible means seperation from God “
Maar waarom het God – “harsh penalty” ingestel ?

Die Wereld sê baie: “as God liefde is ? – Waarom hel en poel v vuur maak”
Dit is mispersepsie van oorsprong van straf v sonde. As God nie alle sonde straf met die dood of “seperation of God” nie, kan satan aanspraak maak dat God nie regverdig is nie.
A.g.v satan se sonde is hy uit die hemel gewerp ( he was seperated from God) dit beteken die “death penalty”
Toe mens geskape is kom satan en mislei mens  met dieselfde sonde as wat hy gepleeg het: Hoekom ? Sodat hy kyk wat gaan God met mens doen ? en of God dan regverdig is.
·       Gen 3:4,5 “toe sê die slang vir die vrou: julle sal gewis nie sterwe nie;(leuen weer).
·       5) maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.

Die mens het nie geeet omdat honger was nie:”hy wou soos God wees” –( aangehits deur satan” en nou wat nou ?
Omdat die mens nie weet v offers nie, om God en maak die 1ste offer namens die mens
·       Gen 3:21 en die Here God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.
D.w.s God het 1ste onskuldige dier laat sterf, bloed laat vloei en Adam en Eva terug gekoop van dood (Dood om dat die straf is vir sonde)
Daar sal ‘n ewige skuld wees v sonde aan die dood !
·       Rom 6:23 – “want die loon van die sonde is die dood...”

Loon is die betaling vir werke, d.w.s as jy “sondig” is universiele skuld betaalbaar aan dood. Daarom moet elkeen “skuldig aan sonde” dan soos satan sterf –( verwyder word v God).
Maar God bring nuwe universiele wet in: Skuldig aan sonde= dood (ons verstaan)
Maar as skuldige aan sonde iets/iemand onskuldig laat sterf – koop hy hom vry van “punishment of death” en die konsep v offers vir sonde ontstaan.
Hierdie konsep is verstaan deur die ou testamentiese volk en dit het tot ‘n jaarlikse offer v die hoë priester gelei
Die volk het geweet : ‘God kan die offer aanvaar, maar aan wie is losprys betaal ?
Kan God losprys aan homself gee ? Hy offer dan ‘n losprys vir Israel in Jes 43:3 want ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; ek het Egipte gegee as losprys vir jou, kus en Seba in jou plek.

Losprys is die resultate van sondige werke gelewer. Die werke van Adam en Eva was sonde en daarom was ‘n losprys betaalbaar. Hulle het dus onder God se heerskappy self oorgestap en onderdanig geword konikryk v duisternis.
1 Joh 3:8 “hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek. ( om losprys betaal )
D.w.s deur ‘n lewe van sonde te lei is dit jou eie besluit. Daardeur word jy oor gegee aan loon en uiteinde v sonde en dit is = die dood ( ewige seperation from God )
Is die losprys dan betaalbaar aan God ? Niemand weet nie – maar dink ?
Kan ‘n losprys aan jouself betaal word ? (want Jesus is deel een met die Drie-eenheid)
Word losprys nie aan 3rde party betaal nie ?
Daar’s universiele wet wat bepaal: sonde = dood –( hierdie rekening moet betaal word)
Waarom ? - want God is regverdig

Dit is hier waar Jesus inkom en namens die mens deurdat Hy onskuldig sterf vir ons wat skuldig is, en daardeur betaal hy losprys aan dood.Hy koop ons dus terug van die dood en gee aan ons lewe !!!
Nou verstaan ons hierdie konsep en diep intrige rondom sonde en resultate van dit,
waarom sal mense nog lewe v sonde kies ? Selfs kinders v God doen doelbewus en wetend die werke van duisternis en dit gaanmy verstand tebowe.

Omdat Paulus hierdie konsep van sonde vs dood vs offers verstaan sê hy :
“sal ons in sonde bly dat genade meer kan word ? – nee...nee..nee
En ja dit word gepreek, ‘n nuwe genade boodskap, en om dit te verdraai dat ons mag doen wat ons wil. Kyk wat staan in Judas en hier word na valse predikers as goddelose mense verwys.

·       Jud 1:4) want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.
Die losprys om ons vry te kry was baie duur: ‘n onskuldige...sondelose...liefdevolle Mens, moes sterf & ons prys betaal. Nie sommer ‘n ligtelike prys betaal of ‘n onderlangse ooreenkoms aan Sy Vader nie. ’n Duur prys betaalbaar aan die dood waarvoor ek bestem was en my uiteinde van die dood sou gewees het.

Maar Iemand het my gesien en vir my gaan sterf sodat ek leef !

Hel is plek wat jy kan ingaan net met werke ...Hemel is ‘n plek wat jy ingaan sonder werke
Dink daaroor ? Dis jou keuse ?
Wat beteken dit vir jou, genoeg om leefwyse verander ?

Jou prys is betaal aan dood en jy’s vry !


Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed