Die verborgenheid van Sy koninkryk

Die VERBORGENHEID van Sy koninkryk – 25 Maart 2018

Kliek hier om na die audio boodskap te luister: AUDIO BOODSKAP

Seker een v GROOTSTE raaisels of “MYSTERIES” is die KONIKRYK v GOD. Ek verwys na die VERBORGENHEID van KONINKRYK – Mar 4:11 “En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse,

Voor ons in VERBORGENHEID gaan kyk moet ons basiese konsep verstaan:
1.      God se KONINKRYK bestaan EERSTENS uit DIE HEERSKAPPY v GOD ALMAGTIG OOR ALS – waarin SY KRAG beweeg en HEERS !
God se KONINKRYK is hemel: Mat 19:24 - “En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die KONINKRYK VAN GOD IN TE GAAN.” -
2.      Dan DIE KONINKRYK van GOD is ook alreeds HIER en NOU op aarde:
Matt 12:28 “Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God BY JULLE GEKOM.”

Johannes het kom vertel van die KONIKRYK wat gekom het. Mat 3:2” Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.” – So naby – Toe hy Hom sien wandel se hy in Joh 1:36” Daar...Daar is die LAM van GOD...met ander woorde : DAAR KOM SY KONINKRYK !..
‘n KONINKRYK wat hier op aarde KOM VESTIG is, is deur ‘n KONING kom vestig om magte v DUISTENIS te vernietig.

Nou hier kom die VERBORGENHEID en dit is iets wat ons miskyk. Ons wil regleef om EENDAG die KONINKRYK te beerwe......MAAR intussen mis ons SY KONINKRYK op AARDE
Jesus vertel ons van dit en dat die een koninkryk kan ingaan (hemel) en die ander is die koninkryk wat ons sien( aarde ) maar ons lees dit mis: Joh 3:3 & 5 “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die KONINKRYK VAN GOD NIE SIEN NIE.
5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die KONINKRYK VAN GOD NIE INGAAN NIE.

Terwyl ons wag en hoop dat ons SY KONINKRYK sal ingaan....MIS ons SY KONINKRYK op aarde waar HY se:Matt 12:28” Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom”
Wat is hierdie KONINKRYK waarna Hy verwys ?

Ek het vroeer gese “God KONINKRYK word gekenmerk deur SY HEERSKAPPY deur SY dominansie, DAAROM se HY:” die GEES v GOD wat die duiwels uitdryf: dws WAAR GOD beweeg hardloop elke duiwel uit ..- dis SY KONIKRYK in aksie
Die KONING het gekom...Die KONING is hier...en SY KONINKRYK is GEVESTIG: Hier en in die HEMEL
Onse VADER wat HEMEL is..LAAT u KONIKRYK kom SOOS in die HEMEL net so op die AARDE !!

Maar daar’s ‘n probleem: Sien in 2 Kon 23 toe Koning Josia weer ingaan sien hy AFGODE vir ‘n ander god in GOD se tempel, hy sien AFGODS PRIESTERS, tempel PROSTETUSIE en ASTOLOGIE. Hy sien KINDERS wat geoffer word en Josia besef net soos JESUS in ook se in Mat 12:25 “Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.

Josia gaan en maak nie kompromie met wereld nie.Hy sê nie:” Ag, nee dit maar reg – NET SOLANK julle nie te ERG is nie..” Josia gee opdrag en gaan lees dit :2 Kon 23:5-7
Hoekom tree hy so radikaal op ? As ons GOD se KONINKRYK wil sien, as ons SY VOORHOWE wil inbeweeg, as ons SY KRAG en HEERSKAPPY v KONINGKRYK wil BELEEF :- moet ONS HEILIG wees

Jesus stap tempel binne en sien die ROEKELOOSHEID van die mens...Hy sien en weet HY het GEKOM om HEERS en geen kompromie met wereld aan gegaan nie.
Hy gooi tafels om en jaag duiwe verkopers uit. Waarom ? want Jesus wil die KONINKRYK van GOD kom demonstreer, SY SUPERIORITEIT bewys:
Maar ons as KERK is VERDEELD en het geen krag.

DUIWEL se taktiek om kerk te VERLAM. HOEKOM moes JUDA hierdie GRUWEL sondes in TEMPEL gaan doen ? Waarom moes HANDELLAARS in tempel duiwe verkoop ?
WAAROM word sonde vandag gedoen “IN DIE TEMPELS van KINDERS v GOD”
Satan wil KONINKRYK van GOD op aarde kom verdeel !

MAAR TEMPEL is verdeel. Ons sien nie SY KRAG nie want KONINKRYK teen homself verdeel.

Ek praat nie hier met wereld nie maar met SY KINDERS, SY GEMEENTE, wat SY KONIKRYK moet verteenwoordig en ROEP WEES HEILIG want EK IS HEILIG
My KONINKRYK is HEILIG

Dan vra ons waar is HERLEWING in KERK ? - Matt 21:43 “Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ’n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.”

Onthou daar is 2 TUISTES van SY KONINKRYK : In HEMEL so ook op AARDE
As WOORD sê:”Jy sal SY konikryk nie aangaan nie” – beteken dit dan ook nie, dat dit geld vir die HIERNAMAALS nie en OOK nie in die HEDE nie. ?
In 1 Kor / Gal / Efe sê WOORD geeneen v volgende SAL KONINKRYK beerwe of ingaan nie: GEEN hoereerders, EGBREKERS, WELLUSTELINGE, SODOMIETE, DRONKAARDS, ROWERS, AFGUNS, BRASSERY, GIERIGAARDS

Die verborgenheid is groot !
Wat is dit ? Dat ons moet nie leef met HOOP om 1dag betyds in 11de uur HEMEL te maak nie
ONS moet HIER en NOU alreeds SY KONINKRYK verteenwoordig.
Hoe sien wereld ons ?
Hoe lyk ons tempels ?

Heilig ? Dan gaan KRAG en HEILIGHEID v GOD begin manifisteer !
Gebede gaan meer KRAG dra – ONS TEMPEL is dan nie meer VERDEELD nie

Sy KONINKRYK in ONS,  is NIE VERDEELD nie



Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed