Die uitwerking van die Bloed van Jesus

Luister hier na die audioboodskap:  Die Audioboodskap

­Wat beteken die KRAG in die bloed  4 Maart 2018

Daar is ‘n liedjie wat sê: When I see the blood, I’ll pass over you.
Toe die engel in die laer van die Israeliete in beweeg het hy verby baie huise beweeg waar ongeregtige en mense met baie foute is. Hy het nie verby beweeg omdat hulle ‘n heilige volk was nie, hulle was gespaar want hy het die bloed gesien.

Die bloed aan die deurposte het virseker dat daar geen dood die laer sal inkom nie. So, ook Jesus se bloed wat lewe bring. Sy vergifnis bring lewe.

Skrif lesing HEB 9:22-25
·       In hierdie gedeelte en veral v.22) sien ons duidelik dat die bloed reining alle oortredinge
·       Ook in v23) sien ons dat in die hemel is die afbeelding van die aardse tabernakel maar hierdie is nie met mense hande gemaak nie.
·       V24) sien ons ook dat Jesus het in hierdie tabernakel ingegaan maar met een verskil, dat vir die eerste keer in mense geskiedenis, is die offer volmaak. Konstant word hierdie offer nou voor God gehou.
·       Sy offer verval nie in 25) en dis duidelik dat soos in die tyd toe die engel verby beweeg het of selfs toe die priesters geoffer het, was dit ‘n tydelike versoening.

In die Ou Testamentiese offer sakrament, was daar ‘n aksie en reaksie. Dit beteken dat die priesters het die offer daad gedoen (aksie) wat dat by die volk tot gevolg gehad het dat hulle gejuig en gedans het van blydskap (reaksie)

Lees Heb 9:6
Hier is dit duidelik dat die daad van die priesters in die bybel beskryf was as die diens wat gedoen was. So, miskien kan ons assosieer met die eerste keer toe ons tot bekering gekom het. Daardie gevoel van vergifnis is ongelooflik verligtend, maar na n paar maande of selfs n paar jaar verflou daardie gevoel.
Jare daarna sit baie kinders van God met die vraag: “Is ek regtig vergewe ?”
Is daar nie miskein nog iets wat ek nie voor God genoem het nie? Of ek is nou nie mooi seker nie ?”

Hierdie twyfel is normaal want in teenstelling met die Israelietiese volk, sien en ervaar ons nie elke jaar hoe ons sonde vergewe word nie. Ons ervaar nie daardie ervaring van aksie en reaksie nie. Ons word nie elke jaar in n seremonie herhinder dat ons vry is nie.
Die volk van Israel het elke jaar gewag dat die Hoe Priester hulle offer voor God bring.
Maar op ‘n dag het ons Hoe Priester in die hemelse tabernakel in beweeg en ‘n offer gebring wat nie verval na ‘n jaar nie. ‘n Ewigdurende offer wat inwerking bly voor God.

Lees Heb 9-12
Net soos die Hoe Priesters die diens of daad verrig het, sien ons in v11)het Jesus in die hemelse tabernakel hierdie daad verrig
In v12) sien ons dit is nie met aardse bloed nie maar die self-genererende krag wat daar is in Jesus se bloed.
Krag so groot dat dit aanhou vergewe nou alreeds vir 2000 jaar en nogsteeds intree vir ons (v24)

Hierdeur sê ek nie ons kan aanhou sondig en dit moetswillig doen nie, maar as jy jou sonde belei het en vergifnis gekry het deur Sy bloed, kan jou sonder nie wees uitruis en jou aankla nie. Die vyand probeer hierdie taktiek om jou vrymoedigheid in Jesus weg te neem. Omdat die bloed nou vir ons inwerking voor God is, beteken dat die KRAG in SY BLOED is sterk genoeg om jou sonde van die verlede nogsteeds onder die bloed te hou.

Net soos ek die boodskap gebring het dat die GEES van GOD het ‘n dinamo uitwerking om krag te genereer in ons liggaam, so ook die krag wat in SY BLOED is. Dit verflou nie of verval nie, maar is werksaam elke dag om ons vrymaking te bring. Dit is die self genereerende krag van die bloed wat sondes van 10 jaar nog onder die bloed kan hou. Die vyand wil jou wel daaraan herhinner sodat jy kan twyfel maar in God se oe is dit afgehandel en vergewe.

Vandag moet ons besef dat die Jesus nou voor die Vader is en SY BLOED verrig nogsteeds ‘n vrymakingswerk. Ons kan dit ongelukkig nie sien, beleef en aanskou soos die volk van Israel nie, maar glo my.....dis onder die bloed
·       Kom dan vandag uit onder slawerny
·       Kom uit onder die wet
·       Kry vrymaking wat jou lewe sal verander.

Die man aan die kruis het nie kans gehad om vergifnis te gaan kry by almal teen wie hy gesondig het nie. Hy kon nie gaan vryspreek nie en ook nie die mens se vergifnis beleef nie, maar die Een wat saak maak het hom vergewe. Sy offer was volmaak en die eerste bekeerling onder die nuwe verbond beleef Sy vergnis krag en gaan van die kruis tot in Paradys.

Miskien weet jy al hierdie dinge maar ons moet ook besef dat ons verstand is nie so sterk soos Jesus se bloed nie. Dit beteken dat Sy bloed het reeds die werk gedoen maar ons wonder...?
·       Is ek vergewe ?
·       Gedagtes sluimer agter in jou kop en jy wonder of  als voor God gebring is


Hier vandag waar jy nou hierdie boodskap lees, is SY bloed en die KRAG daarvaan voor GOD om jou vrymaking te verseker in die perkte OFFER VAN JESUS.

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed