Wees Heilig want Ek is Heilig

Wees Heilig – 25 Feb 2018

Kliek hier en Luister na die AUIDIOBOODSKAP : 

Skriflesing 2 Kron 23:6

In hierdie skriflesing kom dit voor asof daar onderskeid getref word veral uit ‘n nuwe testamentiese oogpunt. Ons is mos nie meer onder die wet nie, so kan hierdie skrif van toepassing wees op ons ?

Ja, daar is nie onderskeid tussen Jood, Griek, Heiden of slaaf nie – maar dit het wel te doen met God se liefde en aanneming. Na aanneming moet Jood, Griek, heiden of slaaf ook die ou lewe aflê en Jesus Christus aanneem. Met verwysing tot die skriflesing bly die standaard staan dat net die heilig is kon ingaan by die tempel. Daarom sê die Woord:” Wees heilig want Ek is Heilig “

Om hierdie konsep te verstaan moet ons besef dat om “heilig te wees” is nie ‘n seen nie anders sou die skrif gelees het: “ontvang julle heiligheid want Ek is heilig”. Die woord lees duidelik “WEES” as ‘n opdrag.

1 Pet 1:15,16 – 15) Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele LEWENSWANDEL heilig word,
16) omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

Dit is dié wat HEILIG is wat kan inkom. Is ons opsoek na dieper dinge, en is ons dors na meer ?
Solank ons nie heilig is, kan ons nie hierdie tipe ervarings met God beleef nie.
Die kind van die Here wat al ‘n pad gestap het met die Here moet gevra word:” Waar is ons intimiteit met God, die dors na die Waters van die Heilige Gees. Het ons miskein al tevrede geraak met die gedagte van kerk toe – hemel toe.

God velang om ons in te vat in die heilige dinge waar ons viseone kan sien, daar waar Hy vir ons die tafel gedek het, maar ons is vasgevang voor die tempel. Andere beweeg in soos die Priesters en die Leviete en die vraag is, Waar sit ek en jy ?

Daar is ‘n uitnodiging van ons Hoë Priester :” Kom saam, Kom in...”
                Heb 6:19-20 ) Heb 6:19 “en ons het dit as ’n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel
                20 waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ’n hoëpriester geword het vir ewig.


Onthou ek praat nie van die vrymoedigheid wat ons deur Jesus het om na God te gaan nie. Ons het mos nou alreeds aanbeweeg as kind van God.
Ons kan nie altyd op melk bly nie, ons kan nie altyd voor die tempel staan nie.

DIS TYD om die VOORLOPER te volg, en HEILIGE dinge beleef en ERVAAR
TYD dat ons saam ­­die PRIESTERS nie kan staan nie...agv KRAG v GOD in TEMPEL
Dis TYD dat die kinders profeteer....JEUG gesigte sien..SENIORS droom.
KOM aan VOLK van HERE...DIS TYD om in te gaan

Heb 5:12-14
Hierdie vers in MONDVOL: Maar die Woord praat hier met ons wat voor TEMPEL sit.
Daar is al mense INGEGAAN het (Later sien in v5)

Heb 6:1-3 **
Vanwee ONVERMOEë v ‘n CHRISTEN om UIT die VLEES te kom, Is boodskappe
Vandag gemik om weer die FONDAMENTE le, oor die bekeering en doop (Dis NB ..ja)
Lees 1 Kor 3:2 Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want
julle was nog nie daartoe in staat nie(d.w.s NIE HEILIG NIE) , en julle is nou
nog nie daartoe in staat nie, 3a) omdat julle nog vleeslik is....

**Lees nou  v5) ..EENMAAL verlig en KRAGTE v TOEKOMSTIGE werke ervaar het

Daar’s mense in die 3rde Hemele weg geruk en ONS SIT voor die TEMPEL
terwyl ons VOORLOPER ingegaan het..en ons ook in NOOI vir diepere dinge
Dis vir al hierdie EN NOG BAIE ander rede : “WORD HEILIG...”Sonder julle
af..Reinig julle harte...Verootmoedig julself.

Ek sien presies laas jaar hierdie tyd (en dis NIE BEPLAN nie) – GOD wil iets doen VIR
ONS, want dit was die EL ROI tyd v AFSONDERING 14 dae met die AFSLUIT SATERDAG
Gebed.

Die vraag is seker nou : HOE word ONS HEILIG – ( praat nie v REDDING en AANEMING deur JESUS bloed nie)

Die OPDRAG woord is – “WEES HEILIG of WORD HEILIG deur LEWENSWANDEL”

Om vas te stel, hoe moet ons HEILIG word in aksie moet ons lees :
·       1 Pet 1:13-16 ......&..... 2:1,2
·       2 Kor 6:14-18 ....&..... 7:1

Die HERE nooi ons in as ons VOORGANGER en Hoe PRIESTER. Hy wil nie ons voor
 Die TEMPEL sien nie – SY OFFER en prys wat Hy betaal het was te GROOT

Dieper dinge...toekomstige dinge..ONUITSPREEKLIKE dinge, dit is alles die ervaarings
wat wag vir die wat wil inbeweeg, maar vir die moet ons HEILIG wees. Ons moet soos in
die skrif gedeeltes onder die wereld uitkom, ons afsonder en nie ander gode in ons lewe

inbring nie.


Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed