Geplant by waterstrome

Geplant by waterstrome -  Sondag  11 Feb 2018
Die vlees van die mens in altyd in stryd met sy gees. Selfs as dit by aanbidding kom. Ek is oortuig dat die enigste ding wat kom tussen ‘n totale oorgawe om onself te verloor in die Here, en miskien vir 2 of 3 ure in aanbidding wegvoer te wees, is die teenwoordigheid van ons vleeslike liggaam.
Die vlees is nie natuurlik ingestel vir geestelike dinge nie. Hy veg teen dit. Die vlees of liggaam is ook van nature nie ingestel om te aanbid nie.
In Jesus se grootste oomblik waar hy sy dissipels die nodigste het, val hul aan die slaap. Die liggaam wat moes aanbid, kom eenvoudig op die belangrikste tyd net nie wakker bly nie.
Jesus kom terug en die volgende 
Mark 14:38 “ Waak en bid, dat julle nie in die versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig maar die vlees is swak.

Die vlees en die gees sal ook nooit kan meng nie, selfs nie eers in die hiernamaals nie, want vlees en bloed sal nie Sy koninkryk ingaan nie. Daar is en sal altyd ‘n stryd wees, al is jou intensies hoe goed.
Paulus wat meeste van die Nuwe Testament geskryf het, ervaar dit ook. Die vraag moet dan gevra word. As Paulus dit moeilik vind, hoeveel te meer ek en jy ?
 Daar is groot Godsmanne al gewees wat op hierdie planeet geloop het. Manne soos Billy Graham, John Wesley, John G Lake en nog meer maar niemand het eers 1 versie in die Bybel geskryf nie. Ons kan dan met sekerheid dat Paulus een van die grootste was en selfs hy ervaar hierdie stryd.
Rom 7:19) Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.

Waarom ervaar Paulus en ook menigte ander mense hierdie ervaring ?
Want die kwaad is werke van die vlees en dit kom natuurlik, terwyl die goeie die werke van die gees is.
Paulus vra dan ook later hierdie vraag in 
Rom 7:24 “ Ek, ellendige mens ! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?” en dan antwoord hy homself in v25) Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here !

As ons kyk na die werk van die wortel sisteem in die boom, dan sien ons dat dit die hoof voedingsaar is. Dit voed nie net nie, maar bepaal die kwaliteit en sterkte van die boom. Vuil en besmette water kan die groei van ‘n boom benadeel of selfs doodmaak.
Soos wat ons gees teenoor die vlees staan word dit gevoed van ‘n oorsprong. Die gees word gevoed deur geestelike invloed en kan selfs benadeel word met geselskap en nuus. Ons sien in Ef 5:3 dat allerhande praatjies soos oor hoerery of onreinheid maag nie eers genoem word nie, want dit beinvloed jou gees. Dit is als besmette water !
Die skinder of besprekings van mense, lei tot ‘n besmette gees. Die negatiewe nuus van die wereld beinvloed die mens en maak hom hulpeloos en bevrees voel. Besprekinge teen die kerk en pastoor, vuil grappe en laster by die werk, alles dra by tot die besoedeling van die gees.



Hoe kom jy uit jou geestelike woestyn en seisoen uit ?
VERANDER jou drup en skuif jou wortels. Verander dit wat jou voed.
Kry antwoord in
Ps. 1 WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van diespotters nie, 2) maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordinksy wet dag en nag.
3 En hy sal weessoos ’n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen,voer hy voorspoedig uit.

Raad v goddelose is die NEGATIEWE DEPRESIEWE gespreke
Kring v spotter is lawwe, ligsinnige en vuil praatjies(Alles hierdie is dinge gees voed)

En dan verstaan die kind HERE nie waarom is my geestelike lewe af nie.daar's iets fout met jou drupKom en WORD GEPLANT BY WATERSTROME.vars nuwe, skoon, onbesoedelde voeding vir jou siel.
Dis een van die redes waarom AFSONDERING, VAS en GEBED so belangrik is. Nie omdat GOD meer jou gebed beantwoord agv jou werke nie, maar omdat daar in hierdie suiwering en afsonderingsproses die KRUISIGING van die vlees plaasvind.
Jesus se:
Luk 9:23 "Hy vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën ensy kruis elke dag opneem en My volg.24) Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red.

Kruis elke dag opneem :- Dis nie SELF MUTELATION nie, dis die begeertes van vlees kruisig en STREEF dat WATER jou GEES voed.

Weereens vra ek vraag in soos in die begin:" Is jy moeg vir val en opstaan lewe?"
Is jy moeg en terleurgesteld in jou eie pogings om reg te leef ?"- Verander DIT wat jou gees voed.
Ek WAARBORG jou'n NUWE jy ! NUWE seisoen.want jou groei word nie meer BESMET nie. Dis nie ek wat jou WAARBORG nie, GOD se WOORD waarborg jou. As jou voedingbron verander jy, jou SAAD wat jou voed, is wat jou karakter is. As ons dit kan doen wat die WOORD vandag se: Waarborg ek jou, jy sal nie KAN sondig nie.Vandag sit jy hier, en se ek KAN nie los kom nie. As jy die boodskap vat, gaan jy omdraai en seek KAN NIE EERS MEER SONDIG NIE
1 Joh 3:9 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie,omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.

NB ! Om op hierdie vlak te kom moet SY SAAD in jou bly..Nie besmette water, ligsinnige praatjies, raad v goddelose nieMaar wat is SY saad ?dis net konstante VOEDING van Heilige Gees.

Jesus se: Joh 6:51 51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het.

Brood, saad, water alle vorme van GEESTELIKE lewensbron dis wat jou sal versterk.
Kom dan op n plek van vas en gebed sodat jou lewe ‘n geestelike “DETOX” kan ervaar. Voed jou gees met skoon onbesoedelde water van die Heilige Gees deur afsondering van hierdie wereld
Voed jou gees met die ware brood van die lewe.

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed