Daar kom 'n dag

Daar kom ‘n dag -  Sondag  28 Januarie 2018

Daar word nie net in vandag se tyd nog gedebateer oor die koms van Jesus nie, maar alreeds in die Bybelse tyd was die vraag gevra. Dis meer as ‘n vraag, dis in ‘n mate ‘n uitdaging of ‘n bespotting van ‘n profesie en belofte.
2 Pet 3:3,4 2 Pet 3:3,4 Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel
4) en : Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.

Selfs as ‘n kind van God, weet ons van Sy koms, maar hoe werklik is dit nog ? Sink dit nog in en is ons nog gereeld bewus van hierdie dag wat gaan kom ?
My vraag is nie noodwendig wanneer dit gaan gebeur nie. Ongelukkig het vele valse profesie die wederkoms van die Here afgewater en die wereld spot al meer en meer met hierdie groot dag wat gaan kom en die wereld verander.

Wat ek wel wil oorbring is oor die feit van die DAARDIE DAG KOM virseker.
Selfs in Joel 2 lees ons van ‘n boodskap van bekering wat gerig word aan Israel maar wat ook ‘n sinnebeeld en profesie is vir die wereld wat gereed moet maak vir die DAG VAN DIE HERE.
Lees Joël 2:11-17
Soos in Joël wil ek ‘n woord van waarskuwing bring, en ‘n woord om opnuut weer te besef daar kom ‘n dag...
Daar kom ‘n dag wat die kerk van die Here weg geraap gaan word en dit lees ons in 1 Thes 4:16,17 -1 Thes 4:16,17 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Daar kom ‘n dag wat elke gelowige voor Christus gaan verskyn om te ontvang vir die werke wat ons gedoen het. Ja, werke red ons nie, dis net Sy genade en liefde. Maar as ‘n geredde kind van God, beweeg ons oor om dissipels te word en werke speel tog ‘n rol om die koninkryk van God op aarde te vestig. Hierdie werke word beloon – 2 Kor 5:10 - Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
Daar kom ook dan ‘n dag, wat die ongelowige voor God gaan staan in die groot WIT TROON OORDEEL. Hierdie is nie ‘n dag van arbitrasie nie, maar ‘n dag wat die goddelose hulle ewige oordeel tot die poel van vuur ontvang


Die kind van die Here sal nie hier wees nie, aangesien hy alreeds met ‘n onverganklike liggaam beklee is met die wegraping, en geheers het in die 1000 jaar vrederyk.

Die vyand is slim en hy ontken nie meer die koms nie, maar bring nou soveel verwarring onder die kinders van die Here , dat die werklikheid en intesiteit van Sy koms afgewater word.
Christene stry oor
Wegraping of Wederkoms
Is Sy koms voor of na die 7 jaar verdrukking ?
Daar is geen wegraping nie en dat ons alreeds nou in die nuwe hele is ?

Maar wat die Woord in
Hand 1:9-11
Mark 13:26
Open 1:7

Tensy CNN of enige wereld nuus stasie dit gemis het, weet ek dat dit als wat ons in die 3 gedeeltes lees nog nie gebeur het nie. Dit beteken dat Sy koms moet nog plaasvind, ons moet Hom nog ontmoet in die lug.
Die werklikheid moet weer begin insink dat JESUS SE KOMS is naby en selfs die wereld erken dit op hulle manier.
Hierdie is uitknipsels van 2 nuusberigte hierdie week v Jan 2018 dat die wereld se “DOOMSDAY CLOCK” het aangeskuif na 2 minute voor middernag.
 

Die feit bly staan, of jy glo in dit of nie, DAAR KOM ‘N DAG..
‘n Dag wat die Here gaan kom, wat elke knieg sal buig en elke oog Hom sien. ‘n Dag wat geen “PROSPERITY” preek jou meer sal help,
of GOEDVOEL preke sal werk nie. ‘n Dag wat geen AKTIVIS of MENSEREGTE organisasie geen gaan nie.
‘n DAG wat tyd gaan stilstaan, want tyd is verby en hierdie DAG het aangebreek.

Kom ons vergeet van ons of ander se opinies en oortuigings en vra:” Here, is ek reg vir daardie dag ?
Onder die nuwe “ULTRA GRACE” woord is dit mos nie meer nodig vir kind van God om intro-inspeksie te doen nie. Als val onder genade en selfs die doelbewuste sondes, maar

Heb 10:26 leer my anders: - Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,(moet repent)
27 maar ’n verskriklike verwagting van oordeel en ’n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer. 28) As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; 29) hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? 30) Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.31) Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.

Here, laat my net weereens besef van daardie dag en soos Joel 2 se uitroep, myself sal bring op ‘n plek om seker te maak hoe staan ek met God.

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed