Praat met die berg

Praat met die berg – 8 April 2018

Kliek hier vir die audio boodskap

Lees 1 Sam 17:21-26, 45-47

Daar is twee tipe mense: Een wat die reus sien en een wat met reus praat
Ons sien Israel as die eerste tipe in v24 - Maar toe al die manne van Israel die man sien, vlug hulle vir hom weg, want hulle was baie bang.
Dawid is die 2de tipe en sê vir die Filistyn: ...Vandag sal die Here jou in my hand oorlewer.
God het nerens opdrag gegee of Dawid instruksies gegee om die Filistyn te verslaan nie
Geen engel hom besoek nie, maar toe Dawid hoor iemand daag sy GOD uit – vra hy:
“Wie is hierdie onbesnede Filistyn ?”...“Hoe durf hy .....?”
Dawid se uitgangspunt was eenvoudig:” ‘n Vyand van GOD...is VYAND van my ! “

Ons het nie toestemming of ‘n woord of ‘n bevestiging nodige om satan te BESTRAF nie maar as verteenwoordigers v GOD se KONIKRYK is dit deel v ons werk
God sal AGTER jou staan, want : ”THE BATTLE BELONGS TO THE LORD !”
1 Sam 17:46,47 This day will the Lord deliver thee into mine hand; and I will smite thee, and take thine head from thee; and I will give the carcases of the host of the Philistines this day unto the fowls of the air, and to the wild beasts of the earth; that all the earth may know that there is a God in Israel. 47 And all this assembly shall know that the Lord saveth not with sword and spear: for the battle is the Lord's, and he will give you into our hands.

Dis awesome om te sien nie net hoe DAWID die vyand bestraf nie, maar sê sommer hoe dit gaan gebeur. Hy PRAAT, weerstaan en bestraf hoorbaar die duiwel en sy werke !
Dis wat die Here ook wil hê ons moet doen en Hy het ook sy dissipels dit geleer.
OPVALLEND: Jesus praat met snaakste ellement, iets wat nie ore het nie, iets wat nie gees of siel het nie
Lees Mark 4:37-41
Met ‘n “BYBELSE OOG” kyk ons in hierdie gedeelte na die ongelowige dissipels en sê :” Ag shame ? Hoekom is julle as dissipels dan verbaas ? Julle behoort mos Jesus te erken.
Maar as JESUS vandag moes leef  en in ons huis instap, verby ons koskaste en SPREEK: “WORD VOL !.....Verby leë kar : WORD VOL !.....Verby siekbed: STAAN OP !
...sal ONS ALMAL monde oophang en sê : ”WAT VIR N MENS IS HY ?”

Jesus leer sy dissipels om met berg te praat, met die storm en selfs met die bome
 Lees Mar 11:12-14,19-24
Hy sê hierdie woorde -  (alles wat julle vra, sal julle verkry) -  aan DIE wat vir die elemente kan opdragte gee.
Nie vir die “SIENERS vd PROBLEME nie” MAAR vir die wat kan praat met die BERGE !!!”
Jesus was ELKE KEER ongellukig as die dissipels nie GELOOF gehad het nie. Hulle het gesien hoe Hy brood VERMENIGVULDIG in hulle hande en hoe visse net meer word en dat water SY STEM gehoorsaam en VERANDER in WYN.
Lees van Jesus se frustrasie in Matt 17:14-21
Die vraag dan ? “Hoe lank sal ek julle verdra ?” – JESUS wil he OM SY NAAM ONTWIL moet berge skuif en STORMS moet stop en WINDE moet gaan le
DUIWELS moet hardloop en reuse se koppe moet afgekap word !!
Waarom was JESUS terleurgesteld in PETRUS ? Omdat hy gesink het ? – NEE !
(Die SINK was reslutaat v.d vrees vir STORM !)
Die rede was omdat hy nie - (soos JESUS geleer het) - die STORM bestraf het nie.
Mat 14:31-33 “En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel? 32) Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.
(Wanner het storms altyd gaan le ? – As JESUS se:”WEES STIL”)
Ek dink op pad terug na die boot het  JESUS geses: “WIND gaan le ...!”
33) Toe kom die wat in die skuit was, en val voor Hom neer en sê: Waarlik, U is die Seun van God!

Hy is die GOD wat met JOSUA se geveg tot die son spreek en se: STAAN STIL !
Hy’s die GOD wat met kraaie praat en se:” Gaan vat vir my kneg kos “
Hy’s die GOD wat met VLAMME praat en se:” JULLE BRAND nie een DANIEL vriende nie” Intendeel julle gaan nie eers ‘n reuk afgee nie, omdat my VADER die skepper is van die ELEMENTE kan EK OOK Se: “BERG ...werp jou in die see !!

Jesus wou nie gehad het die dissipels moes Hom wakker maak nie, maar eerder self die STORM stil maak. Die Dissipels het reeds die Gees v GOD in hulle gehad ( want waar JESUS was...was SY GEES ). Toe hulle deur JESUS gestuur word om te gaan bedien en preek was hulle bevrees oor wat om te se, maar Jesus se vir hulle:
Mat 10:20 “want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.”
As MY GEES dan in julle is ? Waarom kan julle nie storms stil maak en seuntjie genees nie ? Dis dieselfde GEES wat CHRISTUS opgewek het wat IN ONS woon !!
Ons kan met die elemete praat  en Jesus verwag hierdie geloof van ons.
Gaan ons dan kan speel met die elemente ? – Reen roep en stop ?
Ons moet besef dat hierdie ELEMENTE was die PROBLEME van daardie tyd.

Vandag kom hierdie ELEMENTE in die vorms van
EKONOMIE en AFLEGGINGSSIEKTES (ook in bybelse tyd)
KANKERS & LIEFDELOOSHEID in HUWELIK, ARMOEDE, VLOEKE, BINDIGE en HAAT
Hierdie dinge of elemente of ook bekend as die werke v satan : SPREEK DIT AAN, PRAAT met hom....BESTRAF hom !
Dit gaan nie oor die feit of dit wat jy aanspreek jou kan hoor nie: “ MAAR dis ‘n MANEFISTASIE van jou GELOOF “
Goliat het ook nie ore gehad nie.....”MAAR WAT DAWID GESPREEK HET...HET GEBEUR Onthou: Daar’s 2 TIPE mense: Die wat SIEN en die wat SPREEK:
Israel was die wat SIEN en toe HARDLOOP maar toe DAWID spreek, draai die bordjies om en toe SIEN die vyand ..die HAND v GOD in beweging EN TOE HY SIEN...TOE HARDLOOP HULLE


THE BATTLE BELONGS TO THE LORD....and HE WANTS TO SEE THE ENEMY RUN !

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed