Hoe ken jy God ?

Hoe ken jy God werklik – 29 April 2018

Luister na die AUDIO BOODSKAP en KLIEK HIER

Daar’s groot verskil om IEMAND te ken & IEMAND te ken
Ja, 2 betekenisse van “KEN”
Ek ken oom NEELS en IVAN en Ek ken altwee goed. Oom Neels ken jare,hy’t saam my pa kerk in die kerk gedien, ek ken sy van, familie en ek weet waar hy bly en was al daar. Maar ek ken ook vir IVAN, miskien nie eers So lank, MAAR beter.
Ek weet waarvan hy hou, weet wat maak hom kwaad, weet van sy swakpunte...en Sterk punte
Ek ken altwee...maar verskil. Ek het baie meer te doen met IVAN van jongs af. Ek het hom leer dromme speel en ek is vriende met sy ouers, ons het al saam gaan jag...ensv. In BAIE meer tyd wat saam was, KON ek meer leer van hom. Omdat ek hom ken, kan ek enige leuens oor hom ignoreer. Ek weet ek waartoe hy instaat is, Ek weet ek kan hom VRA om SEKERE goed te doen en ek ken sy vermoeëns.
Ek het ‘n groter vertroue in EEN wat ek KEN en dis my boodskap:
“HOE KEN JY GOD ?”

Baie van ons weet die nodigste en basiese v GOD. Ja, Hy is die Skepper v heelal, die God v Israel, die God v liefde wat Sy seun gegee het ensv..
Maar vir die wat HOM werklik “KEN” sal ook weet hoe HY optree
1 Kron 28:9 “En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ’n volkome hart en met ’n gewillige siel, want die Here deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes.”
Daar is meer van GOD wat ons nog nie eers aan geraak het nie en dit kom net met
lewendige verhouding met GOD ! ‘n Passie vir Jesus & bewustheid en liefde v HEILIGE GEES

Terug by “KEN” van n persoon. As iets by kerk breek weet ek, bel vir Ivan
As iemand iets van hom sê weet ek, Ivan sal nie so optree nie want ek KEN sy karakter.
Elke dag word ons uitgedaag deur omstandighede, ongelowiges, leuens v vyand
en as jy werklik God ken, sal jy kan identifiseer of God se hand hierin is.

God word selfs deur Sy eie kinders gebruik of miskien misbruik:
“Ja, die HERE slaap nie...Hy sal daardie een nog slaan/beetkry
“Here, hoekom doen U dit aan my ?
“Ja, dis die HERE wat ons land straf of ons besigheid straf
Ons antwoord NAMENS GOD en ONS KEN HOM nie...

Dis so belangrik om studie v GOD te maak sodat jy die HAND v GOD kan sien en identifiseer. As ons GOD bestudeer & op Hom fokus word probleme kleiner, maar ons fokus & bestudeer meer ons uitdaging en dan word God vir ons kleiner.

Daar is soveel dinge van God wat ons moet leer, memoriseer en besef.
Hy weet alles: Heb 4:13 En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.
Hy kan verlos: Jes 45:21 Versamel julle en kom, kom almal nader, julle wat uit die nasies ontvlug het! Hulle weet niks, wat die hout van hul gesnede beeld dra en ’n god aanbid wat nie kan verlos nie.
Hy het medelye: 2 Kron 30:9 Want as julle jul tot die Here bekeer, sal julle broers en julle kinders barmhartigheid vind voor die wat hulle as gevangenes weggevoer het, sodat hulle na hierdie land kan terugkom; want die Here julle God is genadig en barmhartig, en Hy sal die aangesig van julle nie afwend nie as julle jul tot Hom bekeer
Wie is God ? Ex 34:6-7 En toe die Here by hom verbygaan, het Hy geroep: Here, Here, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; 7) wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe,
God is ewig Ps 90:1,2
God is getrou Ps 46:2
God is vol genade, heilig, oneindig, baie groot, jaloers, regverdig, goedhartig, geduldig, liefdevol ( p.s : het al die versies beskikbaar )
MAAR dit moet meer as skrifte in die bybel gaan. In ‘n lewendige verhouding moet jy eienskappe van God kan identifiseer

Toe ek IVAN beskryf het ek nie notas gehad nie. Ek kan hom beskryf soos ek HOM ervaar en hom ken. Hoe ervaar jy GOD....Hoe ken jy HOM ..?
Dis belangrik om eienskappe v God & Sy karakter te ken

Daar’s nog een iets vir wie jy jou God se eienskappe & krag moet vertel en dit is jou probleem.
Soms kom slaan ‘n probleem of krisis ons van ons voete af, maar as jy GOD werklik KEN, kom daar, soos in die lied van Casting Crowns ‘n PLEK WAAR jou PROBLEME jou GOD moet ontmoet
Spreek jou probleem aan en vertel hom dat vandag ontmoet jy my GOD
Hierdie is die GOD van WONDERS, ’n GOD wat GENEES ’n GOD wat LEEF
Hierdie is ’n GOD waarvoor aarde druis en bewe en ek weier om glo dat hierdie krisis is deur GOD oor my pad gebring want EK KEN U !
Hierdie dinge wat gebeur IS NIE MY GOD nie !! –Dis duiwel wat kom verwoes en steel, maar ons kan net ONDERSKEI as JY GOD KEN !

Jou verhouding met God kan soveel beter wees as jy Hom ken as jou vriend. Iemand met wie jy tyd spandeer en ‘n lewendige verhouding het. Ons lees van God en Sy karakter in die Woord van God en moet dit toe pas in ons lewe.


Gebruik tyd om God se karakter, Sy eienskappe, Sy vermoëns en liefde te ontdek in Sy Woord en leer GOD WERKLIK KEN.

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed