'n Profetiese belofte

'n Profetiese belofte lê opgesluit -  Sondag  18 Feb 2018
Die Woord van die Here het baie diepere betekenisse as net geskiedenis en die beskrywing van gebeure. Ons sien in Sy Woord dat daar vir veskillende betekenisse is in gebeure.

1.Profetiese Gebeure
Joel het oproep tot Israel maar is ook ‘n verwysing na die eindtyd gebeure
Jesus self het 300 profesies gehad wat in vervulling gekom het.
2.Simboliese Gebeure
Abraham se seun Isak is die simboliese betekenis van Jesus as seun van God wat die offer was.
Isak (die offer) wat teen die berg opstap(is simolies van Jesus by berg GOLGOTHA) met die hout op sy rug (is simbolies met die kruis)
3.Simbolies Profeties
1 Kor 10:1-5 “WANT ek wil nie , broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, 2) en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, 3) en almal dieselfde geestelike spys geëet het, 4) en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ’n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.”
Ons sien in hierdie gedeelte die simboliese/profetiese gebeurtenis van die doop, nagmaal en Jesus die rots
Vir daardie rede dan het Moses nie die beloofte land gesien nie, want sy aksie om die rots te slaan was dan ook ‘n simboliese profesie van die stok wat die rots Jesus sou slaan en martel.
Uit als wat ons sover behandel sien ons van gebeure in die Ou Testament wat in vervulling kom in die Nuwe Testament. Kan ons dan aanneem aangesien God, gister vandag en tot in ewigheid dieselfde is, dat Nuwe Testamentiese gebeure of verhale ook ‘n profetiese simboliek kan inhou vir ons vandag ?
Selfs Prediker se in Pred 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.

Dit maak my opgewonde, want dit beteken dat daar baie profesies le en wag vir elkeen van ons. Ons moet gaan delf en sien hoe God met ons praat.
Kom ons kyk na die lam man. Hoe moes sy lewe nie gewees het nie? Hy was nie net vasgevang in sy siekte nie maar as gevolg van dit was hy ook vasgevang in die omstandighede wat gepaard gaan met sy lamheid. Miskien moes hy bedel, miskien het hy geen vriende gehad nie, miskien het mense hom gespot en afgejak. Miskein moes hy koud gaan slaap en het niemand om hom te help nie.

Maar besef ons dat, toe die Here hom optel het Hy nie net die man genees nie maar ook opgetel en gered uit sy omstandighede. Hy het nooit weer gebedel nie maar miskien sy eie tamatie stalletjie oopgemaak. Sy omstandigheid het verander saam met sy genesing.

Dit bring my dan by vandag se boodskap. Kan ons die profetiese simboliek toepas in ons lewe en sien dat die genesing van die lam man is  ook profeties vir jou en my omstandigheid. Dis nie net ‘n genesing van ‘n man nie maar ook ‘n belofte vir my.

Soek opnuut na beloftes wat vas gesetel le in verhale en wonderwerke wat Jesus gedoen het. Vandag kan dit  jou ook losmaak en weer visie gee. Miskien is jy verblind onder die wet of dogma, miskien dalk verblind in sonde of onder die leuen van die vyand. Die Here wil he dat jy moet uitroepRaboni, ek kan weer sien !”

Ja, die Here het die vrou wat gebind is vir 18 jaar verlos, maar profeties sien hy jou spartel in jou bloed en wil jou verlos. In hierdie verhaal sien ons in die bybel dat die skrif :” vir 18 jaar, dink daaraan...” Die bybel vra ons nie verniet dat ons dit moet bedink nie. So baie van ons gee op na 6 maande of 2 jaar se gebede.

Jesus wek vir Lasarus op uit die dood maar ook met ‘n profetiese en simboliese doel dat ons in die toekoms ook ‘n huwelik of besigheid wat dood is kan roep tot lewe. Dat ons geestelike lewe wat dood is, hoop kan kry in die opstanding van ‘n nuwe lewe. Spreek lewe oor jou omstandighede en se:” Staan op, in Jesus Naam

Ander verhale en gebeure kan vandag vir jou omstandigheid ‘n simbolies en profetiese betekenis inhou:

1.Maansieke kind: ”Die Pa se kind val gedurig in vuur en water”
Miskien ervaar jy aanslagte op verkeie gebiede
of gedurige aanvalle
2.Vrou aan bloedvloeing – “Jesus : KRAG gaan uit my uit
Aanraking van die Here kan jou krag restoureer
3.JESUS loop op see – SODAT jy kan MOED VAT
Als lyk hulpeloos ? Jesus steek hand uit vandag vir jou en nooi jou uit om Sy hand te vat.
4.Jesus het MELAATSE genees / Blindes SODAT JY KAN GELOOF VIND
Kyk vandag met ‘n nuwe uitkyk op verborge beloftes wat daar is om jou hoop te gee. Die Here wil jou lewe ook vandag verander.

Comments

Popular posts from this blog

Laat die dooies, die dooies begrawe

Die balsem van Gilead

Trek aan jou kleed