Posts

Verstaan die Genade boodskap

Verstaan die  Genade  boodskap Daar bestaan ‘n groot twee spalk in die kerk rakende die interpretasie van die genade boodskap.   Aan die eenkant het jy ‘n weergawe wat leer dat die eenmalige dood van Christus beteken dat daar net ‘n eenmalige offer gemaak is deur Christus en wat tot gevolg het dat jy nie meer sonde het nadat jy Christus aangeneem het nie. Alhoewel dit korrek is ontstaan daar nou die versigtigheid van ’n ander oortuiging dat hierdie benadering gevaarlik is en te weeg kan bring, dat jy ná jou bekering weer ‘n lewe van sonde kan lei en nog steeds vir seker is om Sy koninkryk te beërwe. In die hele proses verloor ons as kinders van God so baie uit op die voordele wat daar regtig vir ons weg gesluit lê in hierdie boodskap van hoop en genade. Ons diskwalifiseer onsself heeltemal van al die seëninge en vryheid in Jesus deurdat ons totaal wegskram van hierdie aspek……of aan die anderkant misbruik ons dit dalk? , deurdat ons nie totaal ingelig is nie. Voordat ek my ve

Behou die momentum

Behou die momentum – 7 Okt 2018 Kliek hier vir die audio boodskap Lees Ex 32:1-4 & v21. Hier sien ons dat Aaron die Hoe Priester die een is wat ingee vir die druk van die volk. In v 21 se Moses wat het die volk jou aangedoen dat jy so sonde oor die volk bring. Let op dat die volk het Aaron gedruk en gemanupileer om ‘n ander god vir hulle te maak. Die bybel is vol verhale van ander se invloed om mense se lewens en dit begin al so vroeg as die skepping van die mens. Die slang se invloed op Eva en haar invloed op Adam. Hier sien ons al vroeg die plan van satan en dit is om die momentum en groei van die kind van die Here te stop. Dis maklik vir 1 of 2 mans om ‘n motor te keer wat stil staan, maar as die motor beweeg en momentum opbou sal 10mans dit nie stuit nie. In die teks gedeelte sien ons hoe Aaron se momentum gestop is. ‘n Man wat Moses se regterhand was, Die 1ste Hoe Priester, ‘n mondstuk voor Faroa en selfs ‘n profeet, maar toe die volk druk toepas o

In hemelse plekke

Wat gebeur in die lugruim, realms en hemelse plekke.... Kliek hier om na audio boodskap te luister Ons almal weet dat ons pelgrims is in ‘n vreemde land. Maar volgens my is daardie met verwysing na ons fisiese liggaam. Dis nie altyd als ‘n verwysing na geestelike sake nie. In die vlees en liggaam is ek in ‘n vreemde land. Maar waar bevind ek myself NOU in die geestes realm of wereld. ? Daar is baie realms en geestelike werelde. Wat ons van weet is drie: 1.      1ste Hemel: Die lugruim en wolke 2.      2de Hemel: Sterre en Ruimte hemel 3.      3rde Hemel: Geestes realm en ons lees hiervan                  Ef 4:10 “Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al           die hemele , sodat Hy alles tot volheid kan bring.” En dan weet ons nie hoeveel realms is in die 3rde Hemel nie. Daar het Paulus die paradys gesien                2 Kor 12:2-4 Ek weet van ’n man in Christus, veertien jaar gelede — of dit in                di

Die balsem van Gilead

Balsem van Gilead – 16 September 2018 Kliek hier om te luister na die audio band Die uitwerking van salf is tweedelig. Dit word gebruik vir aroma en geur maar dan ook vir genesing. Salf word dan op n seer of probleem area gesmeer. Ons besef natuurlik dat die seer nie vanself verdwyn nie maar die infeksie en seer in nogsteeds daar. Dis die salf of balsem wat dan te werk gaan om genesing te bring. Dit sou baie lekker gewees het as al die probleme net kan verdwyn maar die werklikheid is dat daar nog seer en pyn in hierdie wereld is. Selfs in Israel se tyd het hierdie volk ook baie uitdagings gehad. ·        JER 8:22 – “Is daar geen balsem in Gílead nie? Of is daar geen geneesheer nie? Want waarom het die genesing van die dogter van my volk nie tot stand gekom nie? Hulle het ook pyn en verdukking gehad en daarom die uitroep en die vraag of daar ‘n oplossing is vir Israel. Is daar geen balsem en geen geneesheer nie ? Die antwoord is natuurlik Ja, daar is en Sy Naam is